Oliver Durand storm na vier nasionale rekords

Swem
Altesame 14 nasionale ouderdomsrekords is laas naweek oortref.
Andrew Poolman
By verlede naweek se nasionale langbad-swemkampioenskap, aangebied deur die Namibiese Watersportfederasie (Nasfed) en sy hoofborg Bank Windhoek, is altesaam 13 individuele nasionale ouderdomsrekords verbeter, asook een aflosrekord.

Die gesogte geleentheid is oor vier dae by die Windhoek munisipale swembad aangebied en het Sondag geëindig.

Die vier bekroonde ludorum-pryse is soos volg toegeken:

Senior victor ludorum: Oliver Durand (Dolphin).

Senior victrix ludorum: Jessica Humphrey (Aqua).

Junior victor ludorum: Jiao Naan (Dolphin).

Junior victrix ludorum: Ainoa Naukosho (Dolphin).

Altesame sewe klubs het meegeding, van wie Aqua (59 swemmers), Dolphin (83 swemmers), Marlins (12), Swakopmund (14) en Flippers (11) die meerderheid ingeskryf het.



Die volledige lys van nuwe nasionale individuele ouderdomsrekords:



• Meisies 8 en jonger 200m individuele wisselslag: Nele Erni (Dolphin) 3:26.92 verbeter op Roselinda Matyayi (Aqua, 2019) 3:29.57.

• Meisies 15-16 50m vlinderslag: Jessica Humphrey (Aqua) 28.91 klop Sonja Adelaar (NASU-span, 2014 SA nasionale kampioenskap) 28.99.

• Seuns 17-18 400m vryslag: Oliver Durand (Dolphin) 4:06.22 klop Philip Seidler (Namibië, 2016 SA kampioenskap) 4:09.35.

• Seuns 17-18 50m vlinderslag: Oliver Durand (Dolphin) 25.39 klop sy eie rekord (Maart 2025) 25.45.

• Seuns 17-18 100 vlinderslag: Oliver Durand (Dolphin) 55.39 klop sy eie rekord (Maart 2025) 56.30.

• Seuns 17-18 400m individuele wisselslag: Oliver Durand (Dolphin) 4:37:27 klop Lushano Lamprecht (Namibië by Maleisië Ope 2015) 4:40.18.

• Vroue ope 50m vlinderslag: Jessica Humphrey (Aqua) 28.91 klop Sonja Adelaar (NASU-span 2014) 28.99.

• Veteraanvroue (25-44 jaar) 50m vlinderslag: Ruth Hornickel (Swakopmund) 38.59 klop Lena Brinkmann (Dolphin 2019) 40.70.

• Veteraanvroue (25-44 jaar) 200 individuele wisselslag: Ruth Hornickel (Swakopmund) 3:15.10 klop Lena Brinkmann (Dolphin 2019) 3:19.51.

• Meestersvroue (45 en ouer) 50m rugslag: Lucy Louw (Swakopmund) 38.83 klop haar eie rekord (Februarie 2023) 40.79.

• Meestersvroue (45 en ouer) 100m rugslag: Lucy Louw (Swakopmund) 1:27.50 klop Lena Brinkmann (Dolphin, 2022) 1:29.03.

• Veteraanmans (25-44 jaar) 1500m vryslag: Dentie Louw (Swakopmund) 22:02.74 klop sy eie rekord (Februarie 2023) 22:15.06.

• Meestermans (45 en ouer) 200m borsslag: Francois van der Westhuizen (Swakopmund) 3:22.06) klop Johan Bekker (MAC 2019) 3:52.37.



Aflosrekord

Mans ope 400m individuele wisselslag: Dolphin (Arkell Wellmann, Oliver Durand, Michael Bauernschmitt, Liam Kinna) 4:08.60 klop Namibië-span Desember 2016 (Ronan Wantenaar, A. Loftie-Eaton, A. Oberholster, D. Nell) 4:09.28.