Endjala, Fourie gaan vandag koppe stamp

Muurbal
Vandag se A-ligawedstryd tussen Max Endjala van die Trustco-span en Andy Fourie (Arysteq Asset Management) om 17:30 is een waarna baie uitgesien word.
Tielman Van Lill
Die Wanderers-muurbalklub se ywerig afgewagte Sakeliga het vroeër in Julie by dié klub se bane in Pionierspark afgeslaan, waar ses spanne in die A-afdeling en agt in die B-afdeling woeker.

Die B-liga se afslaan was op 4 Julie, gevolg deur die A-liga op 17 Julie wat vuurwarm aksie in die winter opgelewer het.

In die B-afdeling het die Ninjas met 'n indrukwekkende 75 punte die voortou geneem. Dié Ninjas het hul oorheersing en vaardighede indrukwekkend onderstreep. Op hul hakke is die Zebra Trailers met 64 punte wat nog in die sterk in die wedloop is.

‘n Intense stryd wag in die A-afdeling voor enige kampioen gekroon kan word. Die BDO Champs is tans net-net voor met 33 punte, terwyl Trustco op 32 hard in hul nekke blaas.

Wedstryde word vanaf 17:30 elke Woensdagaand vir die A-liga gehou en elke Donderdagaand vir die B-liga. Wanderers nooi ondersteuners om hul gunsteling spanne te gaan aanmoedig.

Die gasheerklub sê: “Die liga sluit op 16 Augustus af en met soveel talent en vasberadenheid wat ten toon gestel word, is dit reeds 'n seisoen om te onthou. Moenie die aksie misloop nie. Sluit by ons aan en word deel van die opwinding!”



Die spanne

A-afdeling: BDO Champs, Trustco, Arysteq Asset Management, Blue Chromis, BDO Legends en Team Marco.

B-afdeling: Ninjas, Zebra Trailers, Wespac, Young Guns, Trentyre, Thyme Solutions, Brussel Invest & Indep Holdings Legends en Momentum Short Term Insurance.

[email protected]