Afrika-stryd in die hoofstad opwindend
Muurbal
Individue ding mee om punte vir hul land in te samel.
Die senior Afrika-muurbalkampioenskap, ondersteun deur Trustco, het Maandag in die hoofstad by Wanderers in Pionierspark afgeslaan en duur tot Saterdag 23 November voort.Dis die eerste keer sedert 2013 dat Namibië die kontinentale kampioenskap aanbied.
Spelers van Egipte, Nigerië, Suid-Afrika, Uganda, Zambië, Zimbabwe en die gasheer het op die eerste dag van die kampioenskap vir die spankompetisie afgeslaan.
Ongelukkig moes Namibië se manspanne noodgedwonge die knie voor Zambië en Zimbabwe buig, terwyl die Namibiese vroue gemengde resultate teen Uganda en Nigerië behaal het.
Uitslae vir dag een:
Namibië A mans teen Zambië
Max Endjala verloor 3-0 teen Kundanji Kalengo. Brandon Grane verloor 3-0 teen Samson Siame. Le-Hugo van Rooyen verloor 3-0 teen Samuel Kalele Kabwe.
Namibië B mans teen Zimbabwe
Arno Diekmann verloor 3-0 teen Blessing Muhwati. Steven Berry verloor 3-1 teen Callum Lawton. Angelo Titus verloor 3-0 teen Roy Jambo.
Namibië vroue teen Uganda
Adri Lambert wen 3-0 teen Safinah Mugide. Lientjie Koekemoer wen 3-2 teen Elizabeth Musiimenta. Zanti Hansen verloor 3-0 teen Jacoline Steenkamp.
Namibië vroue teen Nigerië
Adri Lambert verloor 3-0 teen Rofiat Abdulazeez. Lientjie Koekemoer verloor 3-0 teen Blessing Issac. Zanti Hansen verloor 3-0 teen Mostura Durosinlorun.
Puntestand ná die eerste dag
Mans: Zambië (28 punte), Zimbabwe (16), Nigerië (14), Namibië B (1), Namibië A (0), Uganda (0).
Vroue: Nigerië (14 punte), Namibië A (11), Uganda (5).
Vandag se wedstryde
Mans: 12:00 Zimbabwe teen Uganda en Namibië A teen Namibia B. 15:00 Zambië teen Nigerië. 18:00 Namibië B teen Uganda en Namibië A teen Nigerië.
Vroue: 15:00 Nigerië teen Namibië. 18:00 Uganda teen Nigerië.
Die Namibiese spanne
Mans: Max Endjala, Brandon Grane, Le-Hugo van Rooyen, Christoff Knoetze, Norbert Dorgeloh, Trevor Grane en Steven Berry.
Vroue: Adri Lambert, Charné Fourie, Lientjie Koekemoer, Zanti Jansen, Chantell de Gouveia en Jacky Steenkamp.
Andrew Forrest is die nasionale afrigter.
• Bly op die hoogte op Sport Wrap se Facebook-blad, of volg NTV se regstreekse uitsendings op DStv, GOtv of aanlyn by https://oneuptwo.com/
– [email protected]
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article