Vier streekspanne pak nuwe uitdaging
Rugby
Twee potensieel interessante wedstryde wag in die Hage Geingob-stadion.
‘n Interessante eksperiment waaroor reeds jare bespiegel word, kom Saterdag vir die eerste keer tot praktiese uitvoering met vier gekombineerde streekspanne wat in die eerste van die Namibië Rugby-unie en hoofborg MTC se 15-aan-’n-kant streektoernooie in aksie sal wees.Die teoretiese bedoeling is dat ‘n platform vir hoër gehalte en intensiteit aan spelers gebied word as byvoorbeeld die NRU se premierliga, waarin nege klubs meeding, om diegene met ambisie by te staan om die uiteindelike gaping na toets- en internasionale beroepsrugby te oorbrug.
Die NRU premierliga se nuwe seisoen begin op 15 Maart en sal net in ‘n enkelrondte beslis word – met die eindstryd wat vir 7 Junie geskeduleer is.
Dit laat ‘n paar naweke “oop” voordat die Namibiese nasionale span in Julie by die Rugby Afrika Bekertoernooi in Uganda se hoofstad Kampala moet gaan meeding om die gesogte kwalifiserende plek by die 2027 Wêreldbekertoernooi in Australië te beklink.
Rehoboth en die kusstreek is ook bestem om elk later weer so ‘n byeenkoms met roterende wedstryde tussen die vier streekspanne aan te bied.
Die vier streekspanne is die Coastal Samurais (vanselfsprekend gebou rondom die kusstreek se twee premierligaklubs Simonis Storm Dolphin en FNB Kudus van Walvisbaai), Sentraal (FNB Wanderers en FNB Western Suburbs), die Hardap Wolves (FNB Reho Falcon en FNB Rehoboth kombineer met FNB Grootfontein uit die noorde) en Northern Force (Trustco United plus FNB Unam).
Saterdag se twee wedstryde in die Hage Geingob-stadion is die Northern Force teen die Coastal Samurais (14:00) en Khomas teen die Hardap Wolves (15:45).
Hier en daar mag faktore soos beserings of werkverpligtinge verhinder dat veral die reisende spanne in teorie hul heel beste wedstrydgroepe voorsit. Saterdag se eerste aksie is nietemin ‘n geleentheid om die betreklik nuwe kombinasies te smee om later in die reeks selfs warmer spel te kan lewer.
Die vier wedstrydgroepe:
COASTAL SAMURAIS
Lucio Isaacs, Zaino van Wyk, Rayshawn Shoombe, Joshwin Solomon, Irongwa Atshivudhi, Lorenco Calaca, Josh Visagie, Tiaan Strauss, Cameron Markus, Aston Mukwiilongo, Roberto Lensley, Sheiton Carlo Besser, Louis van Zyl, Malegie Ouboer Geinub, Jarren Koning, Darren Beukes, Jerome Schumann, Dumarcho Hartung, Lloyd Jacobs, Enzio Nic Kotzee, Richard Kasimbu, Anthony Hoebeb, Ernesto Hein, Diandre Plaatjie.
Afrigters: Roger Thompson en Hauta Veii. Spanbestuurder: Llewellyn Manale. Medies: Kara Scheepers.
HARDAP WOLVES
Voorspelers: Dwayne Alexander, Keynnen Basson, Michael Beukes, Chase Diergaardt, Eloff du Plessis, Carl-William Freygang, Johan Luttig, Pieter Luttig, Oliver Mouton, Martinus Nekundi.
Agterspelers: Dhaamin Bassardien, Casey Beukes, Hillian Beukes, Khee-Shaan Beukes, Franklin Busch, Miquel Busch, Jaylon Carew, Corbin Claassen, Manfred Garoeb, Buruxa Geiseb, Wayrich Hansen, Neil Holtzhausen, Shaquille Januarie, Mariano Loubser, AJ Vercuil, Dolano Vries.
Afrigters: Gerald Loubser en Jacky Bock. Spanbestuurder: Deon Mouton. Spandokter: Dr. Jeremy Strong.
KHOMAS
Voorspelers: Dhale Cloete, Howard Titus, Upahee Muhuura, Sebastian Kameya, Delano van Wyk (almal Western Suburbs); Kian Beyer, Edward Drotsky, Ray-Eez Feris, Liam Compion, Maurice Burns, Jakanjomoka Ortner, Sheron Rossouw, Jayden van Zyl (almal Wanderers).
Agterspelers: Bronwon Biza Willemse, Morgan Esterhuizen, Dylan Izaaks, Nazume Swartz (almal Suburbs), Danie van der Merwe, Danco Burger, Natie Janse van Rensburg, Denzo Bruwer, Jacques Theron (kaptein), Reben Botha, Johnny Mwenyo, Owen Hawanga (almal Wanderers).
Afrigters: Dirk Human en Darryl de la Harpe. Spanbestuurder: Willem van Zyl. Fisioterapeut: Brigitta Augustyn.
NORTHERN FORCE
Voorspelers: Victor Augustinus, Hilwen Fourie, Tauno Hamukoto, Abraham Iilonga, Rowan Jansen, Bjorn Kazondunge, Winslow Olivier, Gilad Plaatjies, Diamond Tjombe (almal Unam); Johan Brockman, Zander Bronkhorst, Thehard Lintvelt, Kristopher Peacock, Gerhard Steenkamp (almal United).
Agterspelers: Willon du Plessis, AJ Kearns, Quirione Majiedt, Camlo Martin, ?Suramie Qhena-Kambombo, ?Shareave Titus, Raschano van Rooi, ?AJ Zaahl (almal Unam); DJ Holtzhausen, JD Nel, Hanreco van Zyl (almal United).
Afrigters: David Philander en Desiderus Sethie. Spanbestuurder: Valerie Basson. Mediese beampte: Edward Smith.
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article