O.17-sewespan takel SA provinsies

Skolerugby
Die WP-skoleflank Tjeripo Karuhumba is as die spankaptein aangewys.
Andrew Poolman
Die Namibiese onder-17 sewesrugbyspan het gister na Bethlehem in die Vrystaat vertrek waar die Suid-Afrikaanse nasionale skolekampioenskap by die Hoërskool Voortrekker aangebied sal word (Vrydag 27 en Saterdag 28 September).

Tjeripo Karuhumba, ‘n flank of slot wat in die Kaap skoolgaan en vanjaar die Westelike Provinsie XV by die o.18 Cravenweek verteenwoordig het, is die spankaptein, met die WHS-losskakel Willliam Beukes as onderkaptein. Karuhumba was tevore ook in WHS en het Namibië verlede jaar by die o.16 Grant Khomo-week verteenwoordig.

Die span word deur die gewese Namibiese losskakel en sewesspeler Justin Nel afgerig, met Wessel Witbooi as die spanbestuurder en hulpafrigter.

Vir die eerste wedstryddag is die Namibiërs in groep A geloot saam met hul opponente vir Vrydag – Limpopo (08:20), SWD (11:00) en die Vrystaat (13:20). Hierdie groepuitslae sal hul pad vir die res van die toernooi bepaal.

Die aangewese spelers is:

Frederik Johannes (FJ) Fourie – Tsumeb Gimnasium

Johann Terblanche – Windhoek Affies

Ethan Sinden – Windhoek Hoërskool

Noelle (Carter) Loubser – Windhoek Affies

William Beukes (onderkaptein) – Windhoek Hoërskool

Mc-Rein van Wyk – Windhoek Hoërskool

Russel Bartlett – Tsumeb Gimnasium

Cayden van Wyk – Windhoek Gimnasium

Sergio Steenkamp – Windhoek Hoërskool

Carlos Florian – Windhoek Hoërskool

Kalipa Mbuende – Berg-Op Akademie (Okahandja)

Tjeripo Karuhumba (kaptein) – Wynberg Boys High

Pieter Jan Strydom – Windhoek Hoërskool