Vlieënde Tebogo begin sy seisoen in Melbourne
Atletiek
Die Olimpiese 200 meter-manskampioen en Wêreldatleet van die Jaar, Letsile Tebogo van Botswana, sal op 29 Maart sy 2025-seisoen by die Maurie Plant-byeenkoms afskop. Die geleentheid in Melbourne, Australië is deel van Wêreldatletiek se Goue Kontinentale Toer.
Tebogo het sy oorheersende Olimpiese 200 meter-oorwinning in Parys gevier toe hy die stophorlosie in 19.46 sekondes laat stop het. Dit hom die vyfde vinnigste man in die geskiedenis gemaak.
In Melbourne sal Tebogo sy uithouvermoë toets deur die 400 m te hardloop.
“Ek is opgewonde om vir die heel eerste keer in Australië mee te ding en my 2025-seisoen by die Maurie Plant Meet as die Olimpiese 200 m-kampioen te open,” het Tebogo gesê.
Die 21-jarige blits het hom reeds gevestig as een van die wêreld se mees konsekwente en veelsydige naellopers vandat hy op die toneel gebars het met o.20- wêreldtitels in die 100 m in 2021 en 2022. Hy het by die 2023 wêreldkampioenskap in die 100 m silwer en in die 200 m brons verwerf, voordat hy sy onvergeetlike Olimpiese 200 m glorie beklink het.
Tebogo, wat in 2024 as Wêreld-mansatleet van die Jaar bekroon was, het ‘n persoonlike beste tyd van 9.86 oor 100 m, asook die vinnigste 300 m-tyd in die geskiedenis met 30.69.
In Melbourne sal sy visier op sy persoonlike beste 400-tyd van 44.29 ingestel wees.
“Om die seisoen met hierdie langafstand-uitdaging te begin, sal my voorberei vir wat voorlê. Ek is gereed om my perke te verskuif en elke oomblik te laat tel.”
In Melbourne sal Tebogo by die wegspringstreep vergesel word deur sy drie landgenote met wie hy saamgespan het om Olimpiese 4x400 m silwer in Parys te verdien, naamlik Bayapo Ndori, Leungo Scotch en Victor Ntweng.
Kontinentale byeenkomste van Wêreldatletiek in 2025 (Februarie tot April)
1 Februarie, Potts Classic, Nieu-Seeland.
9 Februarie, Sir Graeme Douglas Memorial Track Classic, Nieu-Seeland.
15 Februarie, Adelaide Invitational, Australië.
22 Februarie, International Track Meet, Nieu-Seeland.
1 Maart, Perth Track Classic, Australië.
13–15 Maart, Spring Break Classic, Puerto Rico.
13–15 Maart, MTN Champs, Nigerië.
15 Maart, Sydney Track Classic, Australië.
22 Maart, Velocity Fest, Jamaika.
29 Maart, Felix Sanchez Classic, Dominikaanse Republiek.
29 Maart, Maurie Plant Meet, Australië.
29 Maart, Melbourne Invitational, Australië.
29 Maart, The Ten, VSA.
5 April, Miramar Invitational, VSA.
9–12 April, MTN Champs Nigerië.
11 April, Golden Fly Series, Saoedi-Arabië.
12 April, Botswana Continental Tour, Gaborone.
19 April, Velocity Fest, Jamaika.
23–26 April, MTN Champs, Nigerië.
26 April, The Penn Relays, VSA.
– [email protected]
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article