Ontluikende sterre van baan en veld benoem
Atletiek
Die toekennings vir 2024 vereer nie net die wêreld se beste senior elite vroue- en mansatlete nie, maar ook opkomende o.20-sterre.
Wêreldatletiek het vandeesweek drie vroue- en drie mansatlete aangekondig wat op 1 Desember by die Wêreldatletiektoekennings in Monaco die onderskeie titels as Ontluikende Ster van die Jaar kan opraap. Die benoemings weerspieël sommige van die uitstaande prestasies wat dié sport vanjaar gesien het.
Die volgende byeenkomste is as maatstaf gebruik: 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk; Binnenshuise Atletiekwêreldkampioenskap in Glasgow, Skotland; o.20-Wêreldkampioenskap in Lima, Peru; Wêreldlandloopkampioenskap in Belgrado, Serwië, eendagbyeenkomste en ander byeenkomste oraloor die wêreld.
Die vroue-semifinaliste
Sembo Almayew (19 jaar) van Ethiopië vir 3 000 meter-hindernis. Onder 20-wêreldkampioen (9 minute 12.71 sekondes). Vyfde by Olimpiese Spele (9:00.83).
Angelina Topic (19) van Serwië vir hoogspring. Onder 20-wêreldkampioen (1.91 meter). Nasionale junior kampioen (1.95 m) asook nasionale o.20 en senior rekord (1.98 m). Finalis by Olimpiese Spele (1.92 m en vyfde by die Binnenshuise Wêreldkampioenskap (1.92 m). Derde by Diamantligabyeenkoms in Frankryk (1.98 m). Tweede by die senior Europese Kampioenskap (1.97.m).
Yan Ziyi (16) van China vir spiesgooi. Onder 20 wêreldkampioen en o.20-wêreldrekord (64.41 meter). Nasionale junior en senior kampioen.
Die mans-semifinaliste
Mattia Furlani (19) van Italië vir verspring. Onder 20-wêreldrekord (8.38 m). Olimpiese bronsmedalje (8.34 m) en ‘n silwermedalje by die senior Binnenshuise Wêreldkampioenskap (8.22 m). Silwermedalje by die senior Europese Kampioenskap (8.38 m). Goud by die Italiaanse senior Binnenshuise Kampioenskap (8.34 m).
Jaydon Hibbert (19) van Jamaika vir driesprong. Vierde by Olimpiese Spele (17.61 m) en met 17.75 m die voorste internasionale o.20-driesprongatleet. Nasionale o.20-rekordhouer (17.87 m, 2023).
Niels Laros (19) van Nederland vir middelafstande. Onder 20-wêreldrekord in die 1 000 meter (2:14.37). Sesde by Olimpiese Spele in die 1 500 m (3:29.54).
– [email protected]
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article