Omaruru lok adrenalienduiwels
Motocross
Die tweede rondte van die 2025 Namibiese nasionale motocross-kampioenskap sal môre vanaf 08:00 deur die Omaruru-motocrossklub by hul WKMX-baan buite die dorp aangebied word. Tommy Gous van Windhoek was tydens die eerste rondte by Gallina ná etlike jare weer terug in aksie waar hy sy merk in die ope-afdeling gemaak het.
Die talentvolle Luca Brand van Swakopmund het ook sy terugkeer gemaak. Hy het in die uiters strawwe junior 125 cc-afdeling gejaag en ‘n goeie algehele tweede posisie ná Juan de Vos behaal.
Hopelik sal Tommy en Luca gereeld hul verskyning gedurende 2025 maak om hul ondersteuners waarde vir hul toegangsgeld te gee. Leander Metzger (85 cc) en Zoë Waldschmidt sal weer moontlik aan die junior 125 cc-resies deelneem.
Soos die gebruik is sal die dag se renne met die opwindende strawwe King of the Dirt-resies afgesluit word.
Eerste wenpunte
Die eerste rondte van die 2025 Namibiese nasionale kampioenskap op 29 Maart by Gallina was soos volg in die onderskeie klasse opgeraap: Mason Meyer (50 cc), Oliver Mathews (65 cc), Leander Metzger (85 cc), Juan de Vos (junior 125 cc), Zoë Waldschmidt (vroue-mx), Sanene Wittreich (klubmans), Heiko Stranghöner (veterane) en Mark Sternagel (ope-afdeling).
Uitslae vir die eerste drie plekke:
50 cc: 1 Mason Meyer, 2 Delmar du Plessis, 3 Duhan Hefer.
65 cc: 1 Oliver Mathews, 2 Paul Mans, 3 Carter Bouwer.
85 cc: 1 Leander Metzger, 2 De Wet du Plessis, 3 Connor Bouwer.
125 cc: 1 Juan de Vos, 2 Luca Brand, 3 Jarno Metzger.
Vroue-mx: 1 Zoë Waldschmidt, 2 Melanize Oberholzer, 3 Maike Bochert.
Klubmans: 1 Sanene Wittreich, 2 JF van Eeden, 3 Nils Elmering.
Veterane: 1 Heiko Stranghöner, 2 Sigi Pack, 3 Olaf Pack.
Ope-klas: 1 Mark Sternagel, 2 Björn Bierbauer, 2 Tommy Gous.
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel, 2 Björn Bierbauer, 3 Tommy Gous.
Kampioenskapspuntestand ná die eerste ronde.
50 cc: 1 Mason Meyer (75 punte), 2 Delmar du Plessis (63), 3 Duhan Hefer (62), 4 Nicky Strauss (58).
65 cc: 1 Oliver Mathews (75), 2 Paul Mans (64), 3 Carter Bouwer (61), 4 Markus Pack (58), 5 Arjen van Zyl (52), 6 Maximillian Skutch (52), 7 Keanu Strauss (49), 8 Sebastian Skutch (45).
85 cc: 1 Leander Metzger (72), 2 De Wet du Plessis (69), 3 Connor Bouwer (58), 4 Duhan van Wyk (56), 5 Stiaan Hefer (54), 6 Riaan van der Hofen (37).
Junior 125 cc: 1 Juan de Vos (75), 2 Luca Brand (64), 3 Jarno Metzger (62), 4 Leander Metzger (57), 5 JC Lochner (53), 6 Zoë Waldschmidt (33), 7 Marco Lindemeier (18).
Vroue-mx: 1 Zoë Waldschmidt (75), 2 Melanize Oberholzer (66), 3 Maike Bochert (60).
Klubmans: 1 Sanene Wittreich (72), 2 JF van Eeden (69), 3 Nils Elmering (60).
Veterane: 1 Heiko Stranghöner (75), 2 Sigi Pack (64), 3 Olaf Pack (62), 4 Tony Viljoen (55), 5 Ronald Geiger (52), 6 Jorg Stranghöner (38).
Ope-klas: 1 Mark Sternagel (75), 2 Björn Bierbauer (66), 3 Tommy Gous (60), 4 Gero Friederich (57), 5 Wanjo Kollmitz (daglisensie, 54), 6 Jarno Metzger (17).
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (25), 2 Björn Bierbauer (22), 3 Tommy Gous (20), 4 Gero Friederich (19), 5 Juan de Vos (18), 6 Luca Brand (17), 7 Heiko Stranghöner (16), 8 Jarno Metzger (15), 9 Olaf Pack (14), 10 Wanjo Kollmitz (13), 11 Sigi Pack (12), 12 Leander Metzger (11), 13 JC Lochner (10), 14 Tony Viljoen (9), 15 Zoë Waldschmidt (8), 16 Ronald Geiger (7), 17 Jorg Stranghöner (nie klaargemaak nie).
Die derde en sewende rondte sal onderskeidelik op 24 Mei en 20 September by Omaruru afgehandel word. Toegang beloop slegs N$20 en kinders onder twaalf kan gratis ingaan.
– [email protected]
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article