Husab bied meer as 'n marathon

Padwedlope
Leandrea mouers
Die gewilde jaarlikse Husab-marathon begin Saterdag buite Swakopmund op die B2-toegangspad.

By die 2023-uitgawe van die Husab-marathon het Tomas Rainhold (2 ure 27 minute 08 sekondes) en Leena Ekandjo (3:15:27) die eerste plekke in die 42.2-kilometer-wedloop losgeslaan. Beide is atlete wat reeds tevore by die Olimpiese Spele in aksie was.

Die hoofborg Swakop Uranium werk vanjaar saam met Geluk Psychology en die Stigting vir Selfmoordvoorkoming vir deelnemers om die 5 km-pretdraf met ‘n perskleurige tema te tooi, ter bewusmaking en solidariteit met diegene wat met depressie saamleef.

Met meer as 1 300 deelnemers aan die 42.2-kilometer, 21.1-kilometer, 10-kilometer en 5-kilometer pretdraf, sal die Husab-marathon na verwagting sterk belangstelling wek.

Die 42-kilometergroep begin om 06:30, die halfmarathon-hardlopers om 07:00, die 10-kilometer om 07:30 en die 5-kilometer pretstap begin om 07:45.

Die myn het gereël vir optelpunte wat om 04:30 in Walvisbaai begin by die Independence Beach-diensstasie, Shop4, Windhoek Taxi Fair, NHE-kantoor en Narraville-diensstasie.

In Swakopmund sal die bus deelnemers om 05:00 begin by die Matatura munisipale vraghouer, DRC MTC Antenna/Network, Mondesa Clinic, Woermann Mondesa, Spoorwegbusstasie, Uitbreiding 3 nuwe skool by die sirkel, Uitbreiding 3 eerste bushalte, Tamariskia Clinic , by die Rössing-stigting, by MTC The Dome en die KFC-parkering oplaai.

In Arandis is die afgespreekte punte om 05:30 by Zebra en die Verkeersirkel.

Wat hierdie marathon onderskei, is die feit dat inskrywings kosteloos was, en vir elke inskrywing sal die myn N$30 tot 'n liefdadigheidsorganisasie bydra.