Geinub wen Walvisbaai Ope by uitspeelputjie
Gholf
Die Walvisbaai Ope het volgens tradisie die Namibië Amateurgholfunie (NAGU) se 2025-kalender afgeskop en het Saterdag vir die eerste keer vir Martin van der Berg van Rubicon as borg vir die toernooi verwelkom. Daar was aansienlik meer belangstelling van spelers in vergelyking met sommige vorige jare en die loting nogal 'n uitdaging met 47 spelers van klubs so ver as Oshakati en Mariental wat vir die medaljekompetisie oor 36 putjies ingeskryf het, terwyl nog 20 spelers terselfdertyd aan 18 putjies stableford deelgeneem het.
Spelers het tydens die middag met 'n sterk wind te kampe gehad en gevolglik het tellings heelwat gegroei met die middagtelling wat uiteindelik 3 houe hoër was as baansyfer.
Brendan Britten (Windhoek Gholfklub) en Edwin Geinub (Grootfontein) het gelykop boaan die voorloperslys geëindig op 154 houe elk. Op die tweede uitspeelputjie het Edwin daarin geslaag om Brendan te klop en die toernooi te verower wat punte op NAGU se merietelys tel.
Ander pryswenners was:
A-afdeling: Wesley Haseb. Kevin Wentzel, Justin Noabeb, Samuel Nel.
B-afdeling: Rudi Auseb Jnr, Pieter Fox, Tienie de Wet,Frans Isaacs.
C-afdeling: Dennis Haimbondi. George Murasiki, Helmut Ndjendja, Rudi Isaacs senior.
Stableford-kompetisie: 1 Andre Burger, 2 Robert Muzuza, 3 Charles Shayamano, 4 Piet van Niekerk.
Die algehele netto-wenners het beide uit die C-afdeling gekom, met Lesley Neib (145) wat Heinrich Simon (149) geklop het.
Toady Gurirab, NAGU se president wat self ook gespeel het, het in sy toespraak alle betrokkenes bedank vir 'n goed voorbereide baan en toernooi. Danie Roetz van Rubicon het die versekering gegee dat Rubicon in 2026 terug sal wees.
• Rocco Mama's borg komende naweek se kompetisie by die Walvisbaai-klub. Die eerste nege putjie is individuele medaljeformaat, gevolg deur stableford op die laaste nege. Spelers se stablefordtellings word van die medaljetelling afgetrek en die laagste telling wen.
OMEYA
Saterdag het I.B.C die sewende rondte van die Race to Omeya Reeks geborg.
Die baan het nie maklik gespeel nie, met die reënseisoen wat die ruveld laat groei het.
Die algehele wenner was Alaric Brits, met 41 punte.
A-afdeling: 1 Lukas Dreyer (40 punte), 2 Ernie Wessels (34), 3 Craig Bassingwaighte (34).
B-afdeling: 1 Milton Eiseb (39 punte), 2 Johannes Crafford (38), 3 Paul Verburg junior (37).
Seniors: 1 JP van Dyk (38), 2 Pieter de Beer (30), 3 Len Haasbroek (29).
Vroue: 1 Anja Wessels (38 punte), 2 Mary-Ann Boltman (35), 3 Julia Hart (34).
Juniors: 1 Declan Renton (35 punte), 2 AJ van Wyk (21).
Pryse vir houe naaste aan die pen is deur Johann Hagen (putjie 7) en Paul Verburg junior (putjie 14) ingepalm.
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article