Elvis, Elton ligpunte van saai byeenkoms

Atletiek
Tielman Van Lill
Die Khomasstreek-atletiekvereniging het laas naweek sy streekkampioenskap by die Onafhanklikheidstadion in Windhoek aangebied, waarby Atletiek Namibië ook sy tweede Grand Prix-byeenkoms vir 2025 geïnkorporeer het.

Coenraad Kühn, die Namibiese nasionale rekordhouer in gewigstoot met 18.09 meter, asook Christine Mboma en Elvis Gaseb het van die min noemenswaardige uitslae behaal.

Kühn het die gewigstoot met 17.76 meter gewen, terwyl die Olimpiese silwermedaljewenner Mboma as deel van haar terugkeerprogram die 60 meter-naelloop in 7.78 sekondes beklink het.

Gaseb se 6.69 s in die 60 m was ewe indrukwekkend. Elton Hoeseb (6.75s) was tweede hoewel hy laaste uit die wegspringblokke gekom het.

Hoewel Gaseb hierdie 60 meter in die buitelug gehardloop het, plaas sy tyd hom as die 185ste vinnigste man vir 2025 oor dié kort afstand wat meestal deel van die binnenshuise. Dit mag dalk nie indrukwekkend klink nie, maar dit kan vir hom as ‘n positiewe motivering dien om aan binnenshuise byeenkomste deel te neem.

Die vinnigste tyd sover vanjaar (6.43 s) is deur Lachlan Kennedy van Australië aangeteken.

In die hoogspring vir mans het Anana Samuntu (2.05 m), wat onlangs van ‘n langerige besering teruggekeer het, teen die jonger Benjamin Hendrikse (2.00) gewen, as ‘n aanduiding dat hulle mekaar hierdie seisoen tot hoër hoogtes kan druk.



Saterdag se voorste uitslae:

60 meter vroue: 1 Christine Mboma (7.78 sekondes), 2 Frieda Iithete (7.88 s), 3 Erin Koff (7.94 s).

60 meter mans: 1 Elvis Gaseb (6.69 s), 2 Elton Hoeseb (6.75s), 3 Onesmus Nekundi (6.78 s).

100 m vroue: 1 Christine Mboma (12.49 s), 2 Erin Koff (12.63 s), 3 Kumbee Mbai (13.01 s).

100 m mans: 1 Elvis Gaseb (10.42 s), 2 Elton Hoeseb (10.48 s), 3 Onesmus Nekundi (10.61 s).

200 m vroue: 1 Jade Nangula (24.61 s), 2 Kumbee Mbai (26.08 s), 3 Frieda Iithete (26.11 s).

100 m mans: 1 Elton Hoeseb (21.13 s), 2 Elvis Gaseb (21.21 s), 3 Tjimatjitua Kuhanga (21.62 s).

400 m vroue: 1 Jade Nangula (55.96 s), 2 Napuumue Hengari (56.95 s), 3 Johanna Ludgerus (58.76 s).

400 m mans: 1 Tjimatjitua Kuhanga (46.66 s), 2 Ezra Nakale (47.09 s), 3 Charley Matundu (47.73 s).

400 m-hekkies vroue: 1 Sonja Ukax (76.45 s).

400 m-hekkies mans: 1 Cameron Brandt (62.31 s).

800 m vroue: 1 Tuuliki Angala (2 minute 12.30 sekondes), 2 Nyanyukweni Frans (2:23.63), 3 Anabel Kazmierowski (2:36.33).

800 m mans: 1 David Dam (1:50:20), 2 Nasimane Shigwedha (1:58.06), 3 Andrew Taapopi (2:01.17).

1 500 m vroue: 1 Nyanyukweni Frans (4:57.23), 2 Soini Andreas (5:28.61), 3 Pamela Vurayai (5:38.95).

1 500 m mans: 1 Mathew Angula (3:57.83), 2 Wilhelm Hangula (3:58.27), 3 Jerusalem Hamutima (4:05.82).

3 000 m vroue: 1 Soini Andreas (13:09.76).

5 000 m mans: 1 Jerusalem Hamutima (15:37.58), 2 Simon Matias (16:18.49), 3 Joel Lukas (16:28.72).

Hoogspring vroue: 1 Chrislene Klein (1.50 m), 2 Chantelle van der Berg (1.45 m).

Hoogspring mans: 1 Anana Samuntu (2.05 m), 2 Benjamin Hendrikse (2.00 m), 3 Rodriques Shiluma (1.80 m).

Verspring vroue: 1 Frieda Iithete (5.77 m), 2 Lauren van Niekerk, (5.07 m), 3 Tawo Nandipa (4.64 m).

Verspring mans: 1 Andrew Kalilo (6.69 m), 2 Rodriques Shiluma (6.44 m), 3 Tony Maletsky (5.86 m).

Gewigstoot vroue: 1 Thalicha Raes (12.51 m), 2 Fabiola Rukoro (7.32 m).

Gewigstoot mans: 1 Coenraad Kühn (17.76 m), 2 William van Wyk (9.94 m), 3 (para F46) Reggie Benade (9.56 m).

Hamergooi mans: 1 William van Wyk (35.80 m).

Hamergooi vroue: 1 Ansuné Smith (37.85 m).

Diskusgooi vroue: 1 Thalicha Raes (37.12 m).

Diskusgooi mans: 1 (F36) Reggie Benade (30.36 m), 2 William van Wyk (30.13 m), 3 Xavier Burger (21.65 m).

Spiesgooi vroue: 1 Fabiola Rukoro (19.81 m), 2 Abigail van den Berg (17.03 m).

Spiesgooi mans: 1 Lisias Mumbinda (43.16 m), 2 William van Wyk (42.86 m), 3 Dino Chimu (29.25 m).

[email protected]