Citi Dash se wenners kook

Die topklas langafstandhardloper en nasionale rekordhouer Daniel Paulus het die elite manstitel ingepalm, terwyl Martha Shivolo die elite vroueresies by gister se 10 kilometer Nedbank Citi Dash gewen het wat by die Zoopark in Windhoek se middestad begin en weggespring het. Die hoofstraat is afgesper vir die hardlopers se draaipunte by die Snymansirkel en verby die Simon de Witt-brug. Kry môre se uitgawe van Sport Wrap vir die volle verhaal, insluitend die 5 km en 10 km items. Foto’s Brian Munango