Coetzee en Van der Plas trek rang by Afrika-beker

Inlynskaatshokkie
Tielman Van Lill
Die Swakopmund Brauhaus-span het ná vier dae se mededinging uiteindelik Sondag die pro-afdeling van die opwindende Afrika-beker inlynskaatshokkietoernooi teen die Pama Golden Knights (PGKA) by die Deutscher Turn und Sportverein in Windhoek ingepalm.

Arian van der Plas is as die mees waardevolle speler van die toernooi aangewys en hy is ook die topdoelwagter van die pro-afdeling. Christiaan Coetzee het die meeste doele aangeteken.

Beide Coetzee en Van der Plas is lede van die Namibiese nasionale senior manspan wat aan die einde van Augustus na Italië vir die Wêreldskaatskampioenskap vertrek. Coetzee is die kaptein van die manspan, terwyl Van der Plas die Namibiërs se doelhok sal beman.

[email protected]