Agt Afrika-lande stuur o.21's na Windhoek

Hokkie
Beide die kontinentale mans- en vrouekampioenskappe is 'n kans om vir die junior Wêreldbekertoernooi later vanjaar te kwalifiseer.
Andrew Poolman
Die Namibiese Hokkie-unie (NHU) kondig met trots aan dat hy volgende maand die Junior Afrikabekertoernooi vir 2024 sal aanbied, wat die vasteland se beste o.21-veldhokkietalent hier in Windhoek ten toon sal stel.

Daar word steeds na die geleentheid as JAC2024 verwys, aangesien dit verlede jaar uitgestel is. Die toernooi is geskeduleer om van 18 tot 25 April by die Davin Trustco Astro van Hoërskool Windhoek beslis te word.

Die gesogte byeenkoms dien as kwalifisering vir die 2025 Junior Wêreldbekertoernooi, wat elke wedstryd selfs van groter belang sal maak. Die topdrie spanne sal kwalifiseer vir die Junior WB-toernooie wat in Chennai, Indië vir mans en Santiago, Chili vir vroue aangebied word.

Altesame 15 spanne van beide geslagte het deelname bevestig – afkomstig van Namibië, Suid-Afrika, Kenia, Zimbabwe, Zambië, Nigerië, Uganda, Ghana en Egipte.

Die toernooi is 'n beduidende mylpaal, naamlik die tweede Junior Afrikabeker in Namibië aangebied word (die eerste was in 2016).

Dit is ook die tweede kontinentale hokkietoernooi wees wat Namibië die afgelope twee jaar aanbied, ná die suksesvolle Binnenshuise Afrikabeker 2024 by MTC The Dome in Swakopmund.

Namibië word 'n voorkeurbestemming vir die aanbieding van geleenthede wat deur die Afrika-hokkiefederasie (AfHF) gereël word, wat sy groeiende aansien in die hokkiegemeenskap oraloor die vasteland weerspieël.

Die Junior Afrikabeker kwalifiserende toernooi sal 'n intense vertoonvenster van vaardigheid, vasberadenheid en atletiese vermoëns wees, wanneer Namibië se o.21-nasionale mans- en vrouespanne sake uitspook teen die top-aanspraakmakers van oraloor Afrika.

Carin Slabbert, president van die NHU, sê: “Dis 'n groot eer om die nege deelnemende lande by die Junior Afrikabeker in Windhoek te verwelkom.

“Deur die toernooi aan te bied, hoop die NHU om hokkie nader aan ons mense te bring, nasionale trots te verhoog, en deelname aan die sport wat ons dien en liefhet, 'n hupstoot te gee.

“Tydens hierdie toernooi wil ek graag sien dat almal wat aan die toernooi deelneem spanwerk, fiksheid en sportmangees omhels. Laat die gees van sport skyn gedurende hierdie agt dae.

"Die toernooi bied die geleentheid aan Namibiërs om uitnemendheid te sien, maar dien ook as 'n herinnering aan die veerkragtigheid en harde werk wat nodig is om struikelblokke te oorkom om sukses te behaal.”

Die NHU se nasionale o.21-spanne is intussen soos volg aangekondig:



MANS

Rylan Bombosch en Lyle Bruys (doelwagters), Giovane Handura, Sean Irwin, Anton Myburgh, Thomas Theron, Ludwig van Rooyen, John-Paul Britz, Gerhard Myburgh, Christian du Raan, Zach Philander, Jack Fourie, Mathew Lassen, Owen Hatton, James de Jager, Abraham Graham, Darren Enslin, Krynauw Weber.

Bestuurspan: Johan Weyhe (hoofafrigter), Randy Slabbert (hulpafrigter), Janine van der Merwe (spanbestuurder). Die nie-reisende bystandspelers is Connor Murphy, Christian Collard, Rudi Prinsloo, Johan Junius, Liam Bruys, Shindume Matuzuka en Brandon Lensen.



VROUE

Jasmine Cartwright en Anri Jacobs (doelwagters); Marlene Coetzee, Azaylee Philander, Tisha Semedo, Onique Bezuidenhout, Abigail Rowles, Marika Neethling, Jessica Gresse, Nicola Fourie, Kyla Gille, Alice Ann Rowles, Anthea Coetzee, Milah Malan, Maryke Kruger, Annica Higgs, Frances McCarthy, Mia Karsten.

Bestuurspan: Sedtric Makati (hoofafrigter), Christo du Raan (hulpafrigter), Charlene du Raan (spanbestuurder) en Wynand Dreyer (hulpspanbestuurder). Die nie-reisende bystandspelers is Tamara Grögli, Sienna Richards, Danica Retief en Juane Brand.