Artistiese gimnastie gee hul beste in Walvis

Gimnastiek
Klubs berei voor in die opbou na die NGF se nasionale kampioenskap.
Leandrea mouers
Walvisbaai Gimnastiekklub (WBGC) het die tweede kwalifiserende kompetsisie vir artistiese gimnaste in die opbou na die Namibiese Gimnastiekfederasie (NGF) se nasionale kampioenskpa aangebied.

Meer as 140 gimnaste van Walvisbaai, Windhoek, Tsumeb, Gobabis en Ondangwa het aan die tweedaagse kompetisie deelgeneem.

Die seunskompetisie is Vrydag afgehandel, vanaf Vlak 1 tot Vlak 5, in die ses dissiplines van artistiese mansgimnastiek.

Die mees senior groepe vir die dag was Vlak 4 (13 jaar) en Vlak 5 (12-13 jaar).

Ray-Daniel Chipeio (Crete-gimnastiekklub) beklink die goue medalje met ‘n gemiddelde telling van 9.16 in vir Vlak 4 (13 jaar).

Jayden Ndjitaviua (Crete) het ‘n gemiddeld van 8.93 ná die afhandeling van sy ses dissiplines in Vlak 5 (12-13 jaar), terwyl sy klubmaat Xander Swanepoel ook ‘n goud ingepalm het met sy gemiddeld van 8.53 in die 14-jarige Vlak 5-groep.

Die kompetisie vir meisiesgimnaste is Saterdag voortgesit in die vier dissiplines waarin hul roetines uitgevoer word.

Vlak 5, Vlak 6 en die hoëprestasievlakke 1 en 2 was die hoogste kategorieë vir die dag.

Die meisies se voorste uitslae:



HP1

1 Marlene Schulz (Crete), gemiddelde telling 8.85.

2 Nina Fortuin (WBGC), gemiddelde telling 8.78.

3 Luticha van Wyk (Crete), gemiddelde telling 8.44.



HP2

1 Elanza Steyl (WBGC), gemiddelde telling 8.54.

2 Matifadza Pote (Crete), gemiddelde telling 8.45.

3 Otja Katjerungu (Crete), gemiddelde telling 8.39.



Vlak 5 (12 jaar)

1 Mieke Sylja Steinmetz (WBGC), gemiddelde telling 9.06.

2 Amica du Plessis (Crete), gemiddelde telling 8.75.

3 Elizabeth du Toit (Crete), gemiddelde telling 6.80.



Vlak 6 (13 jaar)

1. Celine Dennis (Crete), gemiddelde telling 8.26

2. Faith Tomas (Crete), gemiddelde telling 8.16

3. Etuhole Kadhikwa (Crete), gemiddelde telling 7.33

Die Federasie is opgewonde om vanjaar twee bykomende klubs te sien meeding en word bemoedig deur die groei in die artistiese afdeling.

Die kompetisie het gedien as 'n kwalifiserende geleentheid vir die komende nasionale kampioenskap aan die einde van die jaar.