Omeya die middelpunt vir For Good-finaal

Gholf
Tielman Van Lill
Die eindrondte van die Nedbank for Good-gholfreeks sal vandag met die beste 19 vroue- en manspelers by Omeya in die onderskeie afdelings beslis word.

Die Nedbank for Good-reeks het in Maart by Omeya afgeslaan, waar Likius Nande en Cehesta Walters onderskeidelik in die mans- en vroue-afdeling geseëvier het.

By Gobabis in April het Celonika Robinson en Johnny Lewis met die louere weggestap, voordat die derde en vierde ronde Juniemaand in Tsumeb en Oshakati aangebied was.

Op Tsumeb was Videlis Hanganda en Magnaem Simon die wenners, terwyl Antonius Amugongo en Eveline Shilongo die Oshakati-kompetisie ingepalm het. I

n Julie het Hermanus Strydom die kompetisie by Mariental gewen (geen vrouewenner nie), met Yolanda Pienaar en Peet van der Merwe in die eerste posisies by Oranjemund.

Gedurende Augustusmaand is drie rondes by die kus afgehandel met Hentiesbaai, Swakopmund en Walvisbaai die gasheerklubs. Die Henties-rondte is deur Fanie Nel en Wilna Bredenhann opgeraap, met Riaan Coetzee en Justine Shikulo die topspelers by Rössmund. By Walvisbaai het Francois Binneman en Estelle Bothma as die oorwinnaars na vore getree.

Die tiende en laaste kompetisie was by Windhoek-gholfklub, waar Clarisa Chipfupa en Glenville Dantu die laaste twee plekke vir die finaal bespreek het.

Dan Zwiebel, organiseerder van die reeks, het die spelers en veral die vroue gekomplimenteer en hulde aan die verskeie borge gebring.

Biniam Ghirmatsion van Nedbank Namibië, het gesê: “Die spelers moet dit geniet en pret op die gholfbaan hê. Onthou, ons doen dit ten bate van ons gemeenskappe.”

Die motivering vir die 2024 Nedbank for Good-reeks is om geld in te samel vir Agra ProVision, wat onderbediende landbougemeenskappe direk oplei, te bemagtig en te ondersteun tot volhoubare groei.

Die 19 kwalifiserende spelers:

Vroue: Cehesta Walters, Celonika Robinson, Magnaem Simon, Eveline Shilongo, Yolanda Pienaar, Wilna Bredenhann, Justine Shikulo, Estelle Bothma, Clarisa Chipfupa.

Mans: Likius Nande, Johnny Lewis, Videlis Hanganda, Antonius Amugongo, Hermanus Strydom, Peet van der Merwe, Fanie Nel, Riaan Coetzee, Francois Binneman, Glenville Dantu.

Ondersteunende borge van die 2024 Nedbank for Good-reeks is Pupkewitz Toyota, Vivo Energy Namibia, Agra, AfricaOnline, JTC Namibia, APS, Erongo Marine Enterprises, The Logistics Company Namibia, Gondwana Collection Namibia, CB Enterprises, Pupkewitz Megabuild en Future Media.

[email protected]