Brave Warriors op missie in Douala

Sokker
Die Brave Warriors het gistermiddag hul laaste oefensessie in Johannesburg afgehandel voor hul middernagtelike vertrek na Douala in Kameroen.

Afrigter Collin Benjamin se Namibiese nasionale sokkerspan sal komende Saterdag die gedugte Kameroen die stryd aansê in ‘n kwalifiserende wedstryd vir volgende jaar se Afrika Nasiebekertoernooi.

Die kragmeting sal die afskop aandui van kwalifiserende Groep J, met Kenia en Zimbabwe die ander twee lande wat saam geloot is. Die toptwee spanne sal hul plek na die kontinentale skouspel in Morokko bespreek wat vanaf 21 Desember 2025 tot 18 Januarie 2026 bespreek is.

Die Namibiese Sokkervereniging het gister aangedui dat die volledige spelersgroep fiks en sonder beserings bevind is.

Die bevestiging gister dat Peter Shalulile gereed is om vanaf Mamelodi Sundowns by die nasionale span aan te sluit, is ‘n goeie teken vir die span se kanse, vanweë sy bewese rekord as doelskieter en spanleier.

Die Brave Warriors-toergroep:

Loydt Kazapua, Edward Maova, Erasmus Ikeinge, Kamaijanda Ndisiro (doelwagters); Charles Hambira, Ivan Kamberipa, Tjipenandjambi Karuuombe, Riaan Hanamub, Ngero Katua, Edmar Kamatuka, Prins Tjiueza, Abubakir Arend, Tuli Nashixwa, Paulus Amutenya, Kennedy Amutenya, Deon Hotto, Peter Shalulile, Fares Haidula, Betuel Muzeu, David Ndeunyema, Aprocius Petrus, Moses Shidolo, Punandjambi Katjimune, Laurence Doeseb.