Windhoek Pedal Power klubrenne in pylvak

Fietsry
Tielman Van Lill
Die 2024 Nedbank-padfietsreeks van die Windhoek Pedal Power-klub (WPP) is vinnig besig om einde se kant toe te staan.

Nege manspanne en ses vroue-spanne neem aan die gesogte kompetisie deel. ’n Skrale sewe punte skei die voorste drie manspanne ná vier renne. Die mededinging gaan kliphard tussen die Cymot A-span, Hollard Insurance en Mannie’s Bike Mecca (MBM) in die mans-afdeling wees om as die wenners uit die stryd te tree.

By die vroue is Hollard egter agtien punte voor Cymot met Food Lovers vyf punte agter Cymot in die derde posisie.



Puntestand:



Mans

1 Cymot Racing Team Men A (83 punte).

2 Hollard Insurance (79).

3 MBM (76).

4 Team Hollard Life (66).

5 Food Lovers Market (63).

6 Active Performance Cycling Academy (53).

7 Team RMB (53).

8 Team Cathy supported by Specialized (53).

9 NCCS Pro Cycling Team (31).



Vroue

1 Hollard Ladies (52).

2 Cymot Ladies (34).

3 Food Lovers Market (29).

4 Mannie's Sports Lab Ladies (29).

5 MBM Ladies (28).

6 Mannie’s Sports Lab Ladies Social Team (21).



[email protected]