Vera en Theuns wapper vlag in Koue Bokkeveld

Betrgfietsry
Ryers in the Tankwa Trek sal oor vier dae 5 460 meter se vertikale klim oor die totale afstand van 273 km moet baasraak.
Tielman Van Lill
Die jaarlikse Tankwa Trek-bergfietsspanresies naby Prince Alfred Hamlet in die Wes-Kaap, is in die elite-afdeling met geregistreerde ryers van die Union Cycliste Internationale (UCI) gelaai.

Die bergfietskompetisie oor vier dae, vier skofte en 273 kilometer begin vandag 15:00 by die Kaleo Manor in die Karoo. Die Toyota Specialized–span met Alex Miller (Namibië) en Matt Matt Beers van Suid-Afrika (SA) in die saal, het verlede jaar dié elite resies gewen. Die duo het drie van die vier skofte vir hul sege ingepalm.

Alex sal nie vanjaar die Tankwa Trek ry nie en gaan tuis sy gewig by die nasionale padfietskampioenskap ingooi. Die Namibiese kampioenskap begin Vrydag met die individuele tydtoetse in verskeie afdelings en word Sondagoggend met die padresies afgesluit.

Die Namibiërs Vera Looser en Theuns van der Westhuizen ry ook die Tankwa Trek. Drikus Coetzee is in Marrakesj, Marokko, vir die Atlas Mountain Race is wat môre begin.

Vera span saam met Sarah Hill van Suid-afrika (Efficient Infinti Insure-span). Vera en Danielle Strydom het in 2024 derde geëindig.

Theuns kompeteer saam met Julian Jesssop van Suid-Afrika vir Team Honeycomb Procycling B. Dit is sy eerste deelname aan die Tankwa Trek.

Die eerste dag oor 30 kilometer met ‘n vertikale klimhoogte van 470 meter, staan as die Bokveld-bliss bekend. Witzenberg-wizz is die tweede skof oor 88 kilometer en die ryers sal ‘n vertikale klim van 1 850 meter aanpak.

Die Merino-monster op die derde dag is ‘n uitdagende skof met ‘n vertikale klimhoogte van 2 200 meter en ‘n monsteragtige 98 kilometer wat deur die berge afgelê moet word.

Dag vier word met die korter Kaleideoscope (57 kilometer, 940 meter vertikale klim) afgesluit. Die laaste drie skofe spring almal teen 06:30 weg.

Die kombinasie van Courtney en Hill asook Baum en Egger is as die topspanne ge-oormerk om die kompetisie te wen.



UCI elite vrouespanne

She Sends: Candice Hill (SA)/Kate Courtney (VSA). Spaghetti M&G: Greta Seiwald/Martina Berta (beide Italië). Ghost-Liv Racing: Sara Cortinovis (Italië)/Tyler Jacobs (SA). Kolisi-Songo Foundation: Cherise Willeit/Ila Stow (SA). GMG Ladies: Andrea Schöfmann (Mosambiek)/Felicitas Geiger (Duitsland). Safari Essence Titan Racing: Bianca How/Danielle du Toit (SA). Efficient Infiniti Insure: Sarah Hill (SA)/Vera Looser (Nambië). Titan Racing: Megan Scribante/Nicola Freitas (SA). Iride Africa: Tarryn Povey/Roxanne Kemp (SA). Chemchamp Racing: Kylie Hanekon/Juanita MacKensie (SA). Index Origin: Rebecca van Huyssteen/Sanchia Malan (SA). Belle Equipment EPT: Hayley Smith/Janice Fourie (SA). Fast & Fabulous: Bianca Botha/Lianke Fourie (SA).



UCI elite mansspanne

Orbea Leatt Speed Company: Lukas Baum (Andorra)/George Egger (Duitsland). Toyota Specialized Racing: Johan van Zyl/Matt Beers (SA). Bulls: Axel Roudil-Cortinat (Frankryk)/ Simon Schneller (Duitsland). Singer KTM Racing: Martin Frey/Simon Stiebjahn (Duitsland).Computor Mania Cannondale: Daniel van der Walt (SA)/Ursin Spescha (Switserland). Imbuko Chemchamp A: Marco Joubert/Tristan Nortjé (SA). Imbuko Chemchamp B: Lood Goosen/Rudi Koen (SA).Pyga Euro Steel A: Philip Buys/Pieter du Toit (SA). Pyga Euro Steel B: Jaedon Terlouw/Michel Foster (SA).Insect Science Cycling: Arno du Toit/Keagen Bontekoning (SA).

Insect Science Azimuth Cycling: Alan Gordon/Jan Withaar (SA).Valley Electrical Titan Racing: Herman Fourie/Rossouw Bekker (SA). Honeycomb Procycling A: Marc Pritzen/Wessel Botha (SA).Honeycomb Procycling B: Julian Jessop (SA)/Theuns van der Westhuizen (Namibië). Pump for Peace 1: Tumelo Makae/Phetetso Monese (Lesotho). Pump for Peace 2: Thabiso Zindela/Unathi Nxumalo (SA). AJ Racing: Jean-Jacques Holtzhausen/Alec Koleské (SA). Team ACT: Keegan Tullis/Pieter Korkie (SA). Fastlane Cycles: Charl Coetsee/Ockert Struwig (SA). Fuel X: Eric Heyns/Wayne van der Walt (SA).Wineland Wheelers: Ruan Portwig/Beon van Staden (SA). Tshenolo Pro Cycling: Daniel Kotze/Siyabonga Ntsele (SA). – [email protected]