Looser vierde in Kaapstad-fietstoer

Padfietsry
Andrew Poolman
Pia Grünewald van Duitsland het haar vroeë wegbreek en ervaring in tydtoetse benut om haar voorsprong te behou en die Kaapstad-fietstoer Sondagoggend met meer as 90 sekondes voor haar naaste opposisie te wen.

Die 20-jarige het ná net 25 kilometer van die 78 km vrouewedren alleen weggebreek. Die peoloton kon hulself nie organiseer voor Chapman's Peak nie, en met 'n 3-minute voorsprong in die laaste 27 kilometer, moes die jong Duitser bloot haar pas volhou om te wen.

Suid-Afrika se S’annara Grove het die naelloop vir die tweede plek gewen teen Namibië se Vera Looser, wat oor die jare elke posisie van tweede tot vyfde hier behaal het, met die groot prys wat haar elke keer net-net ontwyk het.

Looser is uiteindelik vierde geplaas, met dieselfde eindtyd as die derde geplaaste Seana Littbarski-Gray van Duitsland.

Die peloton het vir lang tye nie haastig gelyk nie, en Grove het later erken dat hulle nie geweet het daar is 'n wegbreekvoorloper nie.

“Sonder radio's was die eerste keer wat ek ingelig is van die wegbreekpoging was aan die voet van Chappies, toe ons span se onderseuningsvoertuig langs my was," het die Suid-Afrikaanse kampioen erken.

“Dit was moeilik,” het Looser verduidelik. "S’annara, Hayley [Preen], Tiffany [Keep] en ek is almal in dieselfde situasie en ons is 'n soortgelyke tipe ryer. Sonder spanne is daar net soveel wat ons kan doen. Ons kan almal klim, en ons kan almal ’n bietjie versnel, so die spanne wil nie noodwendig saam met ons werk nie.”



Pa se voetspore

In die 109 km-manswedloop het Suid-Afrika se Tyler Lange in die voetspore van sy pa Malcolm Lange gevolg, wat dié wedloop in 1998 en 2003 en 2010 gewen het.

Met sowat een kilometer oor was Tyler Lange (21) nog in die tweede groep agter die voorlopers, maar hy het sy finale lopie volmaak beoordeel om sodoende verskeie voormalige Kaapstad-fietstoerwenners te klop, insluitend die Namibies-gebore Marc Pritzen (2022) wat Sondag sesde geëindig het.

Byna perfekte toestande en 'n hoogs mededingende veld van 186 sterk elite-mans het tot 'n nuwe byeenkomsrekord bygedra. Dit het deurgaans aggressiewe resiese gekos om Robbie Hunter se 17-jaaroue vorige beste van 2 uur, 27 minute 29 sekondes te verpletter. Lange se nuwe rekordmerk is 1 minuut en 41 sekondes vinniger.

Namibië se o.23-kampioen Justus Beulker, Theuns van der Westhuizen en Jaques Hanekom het goed gevaar om sterk in die voorgroep se eindnaelloop te eindig.



Vroue elite voorste uitslae (78 km)

1. Pia Grünewald (Duitsland) 2:05:18

2. S’Annara Grove (RSA) 2:06:49

3. Seana Littbarski-Gray (Duitsland) 2:06:50

4. Vera Looser (Namibië) 2:06:50

5. Kelsey Jade Van Schoor (RSA) 2:06:50

18. Anri Greeff (Namibië) 2:09:00

35. (vyfde o.23) Monique du Plessis (Namibië) 2:10:00

83. Olivia Shililifa (Namibië) 2:17:07

91. Jana von Backstrom (Namibië) 2:23:57



Elite mans voorste uitslae (109 km)

1. Tyler Lange 2:25:47.62

2. Reinhardt Janse Van Rensburg 2:25:47.84

3. Jaedon Terlouw 2:25:48.06

4. Travis Stedman 2:25:48.07

5. Luke Moir 2:25:48.12

6. Marc Pritzen 2:25:48

26. Justus Beulker (Namibië) 2:25:50

51. Theuns van der Westhuizen (Namibië) 2:28:16

52. Jaques Hanekom (Namibië) 2:28:16

78. Alwyn Steenkamp (Namibië) 2:28:19



Vroue o.19 (78 km)

5. Delsia Janse van Vuuren (Namibië) 2:15:23



Seuns o.17 (78 km)

7. Mike Baartman (Namibië) 2:10:09

8. Theodor Janse van Vuuren (Namibië) 2:10:10



Seuns o.15 (42 km)

5. Hendrik Baartman (Namibië) 1:34:32

• Foutiewe werking van sommige ryers se merkers vir tydhouding het gister tiot vertraging in die verifiëring van volledige uitslae aanleiding gegee.