Finale kans vir punte in taai reeks

Padfietsresies
Meer as 120 resiesfietsryers kan Sondag vir oulaas punte opraap.
Tielman Van Lill
Die laaste byeenkoms van die 2024 Nedbank Windhoek Pedal Power-padfietsreeks sal komende Sondag vanaf 08:00 by die Tony Rust-renbaan wes van die hoofstad afgehandel word.

Fietsryers in die onderskeie afdelings sal die sesde en laaste kompetisie volgens kriterium-formaat voltooi. Ná 30 minute om die baan het die deelnemers een ekstra rondte om so haastig as moontlik te voltooi.

Die kompetisie tussen individuele ryers, asook tussen hul spanne is kliphard. Die gaping tussen die manspanne Cymot en Hollard Insurance in die toptwee plekke is klein, terwyl individuele mededinging ewe taai is.

By die vroue het Hollard ‘n aansienlike gaping tussen hulle en hul mededingers bewerkstellig. Indien niks dramaties gebeur nie, behoort Hollard die algehele kompetisie gemaklik in te palm.

Van die ryers sal Sondag vir die eerste keer die nuwe roete beproef, wat beslis anders is as die gewone roetse waaraan hulle gewoond is.

Die huidige puntestand ná vyf kompetisies:



Vroue

1 Hollard (67).

2 Cymot (42).

3 Mannie’s Bike Mecca (37).

4 Mannie's Sports Lab (37).

5 Food Lovers Market (35).

6 Mannie’s Sports Lab Social (26).



Mans

1 Cymot A (105).

2 Hollard Insurance (101).

3 Mannie’s Bike Mecca (93).

4 Hollard Life (83).

5 Food Lovers Market (78).

6 Team Cathy supported by Specialized (70).

7 Active Performance Cycling Academy (66).

8 RMB (65).

9 NCCS Pro Cycling Team (31).

Die prysuitdeling van die Nedbank WPP-reeks sal op ‘n later datum plaasvind.

[email protected]