Dagbreek-saamtrek by Karibib trek aandag

Fietsry
Drikus Coetzee sal een van die bekende gesigte wees.
Tielman Van Lill
Die Dagbreek-skool vir intellektueel gestremdes se bergfietsaflos en padfietsbyeenkoms tussen Karibib en Wilhelmstal sal môreoggend heelwat koppe laat draai.

Selfs ryers van die kaliber van Drikus Coetzee, meermalige Namibiese fietsrykampioen, sal môre saam die speke laat sing.

Dagbreek is besig met ‘n geldinsameling om van sy projekte by dié skool in Klein Windhoek ‘n hupstoot te gee.

Paul du Plessis, gesoute hoof van Dagbreek, sê daar is meer as een een behoefte by hulle om aan te voorsien.

“By Dagbreek is ons konstant met ontwikkeling besig om in ons spesiale kinders se unieke behoeftes te voorsien.

“Ons het projekte ter waarde van so min as N$5 en tot N$20 miljoen waarvoor voorsiening gemaak moet word.

“Daar is etlike borge vir wie ons moet bedank. Baie dankie aan Indongo Toyota wat die voertuie voorsien het, asook Klippenberg Lodge wat die venue borg.

“’n Groot dankie aan Kwetu Handgemachte Leckereien, Wilhelmstal, OK Foods Karibib, SBS Trucking CC en QKR Namibia Navachab Gold Mine; sonder jul ondersteuning sou die byeenkoms nie moontlik gewees het nie.

“Die ondersteunende borge soos Flamestone, Hartklop FM, Radio Electronics, Coke, RMB, Kanaal 7, Wimpy, Stuttafords, We Care (Woermann Brock), Cycletec, Dunes Mall, Virgin Active, Vivo Energy, Grove Mall, Network Media Hub en NTV se harte lê op die regte plek. Baie dankie!”

NTV (Network Television) sal kosteloos ‘n program van die byeenkoms saamstel wat later vir Dagbreek uitgesaai gaan word.

Fietsryers sal van 09:00 vanaf Karibib na Wilhelmstal wegspring en die prysuitdeling sal by die Klippenberg Lodge plaasvind.

[email protected]