Streng wetgewing pootjie spansporte

Krieket
Tielman Van Lill
Nege-en-sestig krieketspelers wat nie gebore is in die land wie se nasionale krieketspan hulle tans verteenwoordig nie, speel tans vir die agt lande wat in die Wêreldbeker Liga Twee-reeks (2023-2027) meeding.

Uit hierdie 69 is 39 spelers van Indië en Pakistan wat vir Kanada (sewe), Nederland (twee), Oman (12), Verenigde Arabiese Emirate (elf) en Verenigde State van Amerika (sewe) speel.

Die ICC se reëls bepaal dat indien ‘n krieketspeler vir drie jaar in ‘n land woon, mag hy of sy daardie land se nasionale krieketspan verteenwoordig.

Volgens die verouderde Namibiese sportwet, mag net ‘n Namibiese gebore burger of die houer van ‘n Namibiese paspoort vir die land se nasionale sportspanne speel. Burgerskap kan verkry word met voldoende bewys dat minstens een ouer in Namibië gebore is of oor burgerskap beskik het.

Volgens dr. Rudie van Vuuren, president van Krieket Namibië, het Italië op die mees onlangse algemene jaarvergadering van die Internasionale Krieketraad (ICC) gespog dat hy binne die volgende twee jaar een van die sterkste krieketspanne sal hê.

“Hulle (die Namibiese regering) is besig om ons verouderde sportwet te verander, maar dit gaan nog lank vat. Indien dit nie gebeur nie, sal veral ons spansportkodes soos krieket en rugby toenemend probleme hê om kompeterend te bly.

“Druk moet op die regering uitgeoefen word in die proses van die herskrywing van die Namibiese sportwet. Dit kan nie gou genoeg gebeur nie,” het Van Vuuren gesê.

Italië reken ‘n massa immigrante uit Asië sal volgens die ICC-regulasies vir hom op internasionale vlak kan speel.

Veral Kanada het in onlangse maande meteoriese opgang gemaak en is ‘n sprekende voorbeeld van ‘n span wat met ‘n ander krieketmoondheid se kalwers ploeg.

Namibië, met uiters beperkte getalle, sal noodgedwonge moet aanpas om in dieselfde rigting te beweeg om sy regulasies, anders sal krieket in die land algaande uitsterf.

Indien die Richelieu Eagles nie meer kompeterend teen Kanada, Nederland, Nepal, Oman, Skotland, die VAE en VSA kan bly nie, is dit die einde van die pad.

Namibië het slegs vier premierligaklubs wat veronderstel om die bitter klein nasionale spelerspoel te voed.

Die spanne van die Emirate en VSA wat tot laas Sondag in Namibië getoer het, wemel beide van ingevoerde talent. Die Emirate het vyf spelers van Indiese afkoms en ses van Pakistan. Die VSA spog met spelers van die Wes-Indiese eilande (1), Kanada (1), Indië (6), Pakistan (1) en Suid-Afrika (2).

Slegs drie van die VAE se spelers is in die Emirate gebore, terwyl die VSA darem vyf het wat in Amerika gebore was.

Nepal is die enigste span waar elk van sy 16 spelers in die land gebore was. Van Namibië se 17 gelyste spelers is 15 in die land gebore.

Die land en sy getal “eie” spelers word eerste aangedui, met die "huursoldate" in hakies.



KANADA 4 (Indië 5, Koeweit 1, Pakistan 2, Wes-Indië 4).

Dilpreet Bajwa, Navneet Dhaliwal, Kaleem Sana, Shreyas Movva, Pargat Singh (gebore in Indië); Nikhil Dutta (Koeweit); Saad Bin Zafar, Junaid Siddiqui (Pakistan); Jeremy Gordon, Dilon Heyliger, Aaron Johnson, Nicholas Kirton (Wes-Indië); Rishiv Joshi, Rayyan Pathan, Ravinderpal Singh, Harsh Thaker (Kanada).



NAMIBIË 15 (Suid-Afrika 2).

Net Jan Frylinck en Ruben Trumpelmann is in Suid-Afrika gebore, maar kwalifiseer op grond van Namibiese afkoms. Die res van die huidige spelersgroep is Gerhard Erasmus, JC Balt, PD Blignaut, Jack Brassell, Zane Green, JP Kotzé, Malan Kruger, Dylan Leicher, Lo-han Louwrens, Tangeni Lungameni, Bernard Scholtz, Ben Shikongo, JJ Smit, Michael van Lingen, Shaun Fouché, Nicol Loftie-Eaton.



NEDERLAND 5 (Australië 1, Engeland 1, Indië 2, Nieu-Seeland 1, Tonga 1, RSA 3, Wes-Indië 1).

Max O'Dowd (Australië); Fred Klaassen (Engeland); Teja Nidamanuru en Vikramjit Singh (Indië); Logan van Beek (Nieu-Seeland); Scott Edwards (Tonga); Wesley Barresi, Sybrand Engelbrecht en Michael Levitt (RSA); Daniel Doram (Wes-Indië). Die gebore Nederlanders is Bas de Leede, Aryan Dutt, Vivian Kingma, Tim Pringle en Paul van Meekeren.



NEPAL 16

Rohit Paudel, Aasif Sheikh, Dipendra Singh Airee, Kamal Airee, Kushal Bhurtel, Abinash Bohara, Sagar Dhakal, Gulsan Jha, Sundeep Jora, Karan KC, Kushal Malla, Sandeep Lamichhane, Pratis GC, Lalit Rajbanshi, Anil Sah en Sompal Kami is almal in Nepal gebore.



OMAN 3 (Indië 6, Pakistan 6).

Pratik Athavale, Ayaan Khan, Jay Odedra, Kashyap Prajapati, Shoaib Khan en Samay Shrivastav (Indië); Mehran Khan, Aqib Ilyas, Bilal Khan, Fayyaz Butt, Kaleemullah, Zeeshan Maqsood (Pakistan). Die drie gebore in Oman is Khalid Kail, Rafiullah en Karan Sonavale



SKOTLAND 6 (Engeland 7, RSA 4).

Brad Currie, Ollie Hairs, Jack Jarvis, Michael Jones, George Munsey, Safyaan Sharif en Charlie Tear (Engeland); Richie Berrington, Chris Greaves, Brandon McMullen en Brad Wheal (RSA). Die gebore Skotte in die huidige groep is Charlie Cassell, Matthew Cross, Jasper Davidson, Michael Leask, Chris Sole en Mark Watt.



EMIRATE 3 (Indië 5, Pakistan 6).

Basil Hameed, Alishan Sharafu, Aryansh Sharma, Aayan Afzal Khan (Indië); Vishnu Sukumaran (almal Indië); Ali Naseer, Muhammad Jawadullah, Asif Khan, Muhammad Farooq, Junaid Siddique en Muhammad Waseem (almal Pakistan). Die drietal gebore in die Emirate is Rahul Chopra, Rahul Bhatia en Omid Shafi Rahman.



VSA 5 (Indië 6, Kanada 1, Pakistan 1, Suid-Afrika 2, Wes-Indië 1).

Monank Patel, Smit Patel, Saurabh Netravalkar, Harmeet Singh, Sushant Modani, Milind Kumar (almal in Indië gebore); Nitish Kumar (Kanada); Shayan Jahangir (Pakistan); Andries Gous en Shadley van Schalkwyk (Suid-Afrika); Juanoy Drysdale (Wes-Indië). Die Amerikaans gebore groeplede is Saiteja Mukkamalla, Nosthush Kenjige, Jasdeep Singh, Abhishek Paradkar en Yasir Mohammad.

[email protected]