Smiling Assassins pick off Eagles

Cricket
The Capricorn Eagles found the going tough against a clinical Thailand Women team.
Otis Daniels
Krieket 2024 Desember 8 Sluipskutters vee Eagles met ‘n glimlag plat

Otis Daniels

Thailand se senior vrouekrieketspan het gister hul gesag as \'n krieketkrag bevestig deur die eindstryd van die vierhoekige Internasionale T20-reeks in Hongkong te beklink.

Die kampioene het kop gehou en die Capricorn Eales van Namibië met 30 lopies verslaan. Die veelsydige speler, Chanida Sutthiruang (regshandige kolwer en mediumspoed regterarmbouler), is as speler van die wedstryd aangewys. Sy het 15 lopies met die kolf bygedra en twee paaltjies vir 14 lopies in vier boulbeurte geneem wat een leë boulbeurt ingesluit het.

Thailand was die span met die hoogste ranglysposisie (13de) wat aan die toernooi deelneem het. Hulle het die loot gewen en verkies om eerste teen Namibië te kolf wat die sewentiende posisie bekleë. Namibië se vroue het hul teenstanders tot 72 lopies beperk en in 20 boulbeurte uitgeboul. Beide openingskolwers van Thailand is vir nulletjies uitgehaal.

Suwanan Khiaoto was die topkolwer vir Thailand. Sy het 17 lopies (insluitend een 4) van 22 balle bygedra. Chanida Sutthiruang het ook 15 lopies (insluitend een 4) van 27 aflewerings behaal. Saima Tuhadeleni (19 jaar), Namibië se regterarm-mediumpasbouler, het drie paaltjies vir 18 lopies in vier boulbeurte geneem.

Gedissiplineerde boulwerk deur die Thai-boulers het Namibië geknak en die Eagles was binne 14.4 boulbeurte in die knyp op 40 lopies vir die verlies van nege paaltjies. Wilka Mwatile wat as die vyfde kolwer vir Namibië ingestap het, was die voorste lopiemaker met elf lopies (insluitend een 4) van 19 aflewerings.

Die Thai-boulers het goeie rekenskap van hulself gegee. Chanida Sutthiruang, Nattaya Boochatham, Thipatcha Putthawong en Onnicha Kamchomphu het almal twee paaltjies elk geneem het.

Suné Wittmann, kaptein en openingskolwer van die Capricorn Eagles, het gesê: “Ons is trots daarop om \'n onverskrokke soort krieket te speel en dit is hoe ons wil speel, nie net in hierdie toernooi nie, maar op pad vorentoe na Maleisië en dink aan die uitdunne volgende jaar asook alles tussenin.”

Thailand het Namibië ook met ses paaltjies (12 balle oor) in die eerste wedstryd van die toernooi verslaan.



Kwalifikasie

Namibië het Hongkong noukeurige in die rondomtalieronde met twee balle oor met vier paaltjies geklop om hul plek in die eindstryd te verseker.

Hongkong (22ste op die ranglys) het die loot gewen, gekies om eerste te kolf en is tot 81 lopies vir die verlies van agt paaltjies beperk. Die aanvangskolwer Shanzeen Shahzad was die voorste lopiemaker. Sy het 47 lopies (insluitend vyf viere) van 56 balle bygedra.

Suné Wittmann was die beste bouler vir Namibië. Sy het twee paaltjies in drie boulbeurte vir tien lopies laat kantel. Saima Tuhadeleni het ook twee paaltjies vir 12 lopies in vier boulbeurte geneem.

Die Namibiërs het 82 lopies in 19.4 boulbeurte vir ‘n sege geslaan. Kayleen Green is as speler van die wedstryd aangewys. Sy het een paaltjie geneem en 18 lopies nie uit nie (insluitend twee viere) van 20 balle behaal. Alison Siu en Ruchita Venkatesh het elk twee paaltjies vir Hongkong bewerkstellig.