Old Boys onder druk, Tigers en Wanderers mik na finaal

Krieket
Die premierliga se eindstryd is vir 1 Maart by die nuwe nasionale krieketstadion in Olympia bestem.
Tielman Van Lill
Die vierde ronde van Krieket Namibië se eendagpremierliga sal môreoggend by United en Wanderers in Windhoek beslis word.

CCD Tigers en Trustco United se eerste spanne sal by United in Olympia kragte meet, terwyl APS Wanderers teen ATG WHS Old Boys by die Wanderers-veld in Pionierspark gaan meeding.

Tigers het sover reeds drie uit drie wedstryde ingepalm, gevolg deur Wanderers wat twee van sy drie botsings gewen het.

United het sover een wedstryd gewen, terwyl Old Boys nog ‘n sege moet bewerkstellig.

JJ Smit en Lo-han Louwrens is tot dusver die voorste lopiemakers vir Wanderers en die premierliga. Joshuan Julius van Tigers en JC Balt is ook in die lopiewedloop en Erich von Molendorff van United is vyfde op die kolfranglys.

Die junior Eagles-naatbouler Junior Kariata van Tigers het in drie wedstryde gemiddeld drie paaltjies per botsing laat kantel. Sy kaptein en senior Eagles-speler, Nicol Loftie-Eaton, het gemiddeld twee slagoffers per wedstryd geëis.

JC Balt van Wanderers het ook gemiddeld twee kolwers per kragmeting laat stap, maar sy draaiballe is effens duurder as Loftie-Eaton.

Die individuele uitblinkers ná drie eendagpremierligawedstryde.



Topvyf paaltjienemers

1 Junior Kariata (Tigers) 3 wedstryde, 9 paaltjies vir 99 lopies in 26.1 boulbeurte, ekonomie 3.78 per boulbeurt).

2 Nicol Loftie-Eaton (Tigers) 3, 6/77 in 27, ekon. 2.85.

3 JC Balt (Wanderers) 3, 6/101 in 27, ekon. 3.74.

4 PD Blignaut (Wanderers 3, 5/110 in 25, ekon. 4.4.

5 Salomon Nuuyoma (Tigers) 5/94 in 19.2, ekon. 4.86.



Topvyf lopiemakers

1 JJ Smit (Wanderers) 3 kolfbeurte, 244 lopies van 244 balle, 11x4, 15x6, 2x 50-talle, 1x 100-tal, kolftempo 100 persent, gemiddeld 81.33.

2 Lo-han Louwrens (Wanderers) 2, 235, 207 b, 14x4, 15x6, 2x100, tempo 113.53%, gemiddeld 117.5).

3 Joshuan Julius (3, 200 van 314 b, 20x4, 3x6, 2x50, tempo 63.69%, gemiddeld 66.66).

4 JC Balt (Wanderers) 3, 135 van 185 b, 7x4, 6x6, 1x100, tempo 72.97%, gemiddeld 45).

5 Erich von Molendorff (United) 3, 122 van 201 b, 9x4, 4x6, 1x50, tempo 60.70%, gemiddeld 41).

Algehele topvyf individuele ranglys: 1 Nicol Loftie-Eaton (419 punte), 2 Lo-han Louwrens (377), 3 JC Balt (361), 4 JJ Smit (341), 5 Junior Kariata (267).

Afhangende van moontlike reën, is die eerste boulbeurte in beide wedstryde vir 09:30 beplan.

Ligawedstryde op die naweke van 15 en 22 Februarie bly hierna nog oor, voordat die eindstryd vir 1 Maart by die nuwe nasionale krieketstadion bestem is.

[email protected]