Kanada, Nederland sal die Eagles binnekort besoek
Krieket
Die Richelieu Eagles se tweede ronde in 2025 van die ICC se Krieketwêreldbeker Liga 2-kompetisie (2024 tot 2027) sal van 5 tot 15 Maart in Windhoek beslis word.
Namibië sal twee Internasionale Eendagwedstryde (ODI’s) elk teen Kanada en Nederland by United in die hoofstad speel. Intussen het die Eagles ná hul laaste ODI in die eerste ronde van die CWCL2-kompetisie die afgelope Sondag teen Oman in Al Amerat, na die Karnataka-provinsie in Indië vertrek. Namibië met ‘n groep van 21 spelers sal altesaam vyf eendagwedstryde teen ’n provinsiale-span van Karnata meeding. Dié vyf kragmetings dien as broodnodige voorbereiding vir die Eagles se komende ontmoetings teen Kanada en Nederland.
Die Eagles in Karnataka is- JP Kotzé, Gerhard Janse van Rensburg, Jack Brassell, Jan Frylinck, Nicol Loftie-Eaton, Ben Shikongo, Dylan Leicher, Ruben Trumpelmann, Zane Green, Shaun Fouché, JJ Smit, PD Blignaut, JC Balt, Jan-Izak de Villiers, Zacheo Janse van Vuuren, Handré Klazinga, Junior Kariata, Tangeni Lungameni, Ado Itta, Simon Shikongo en Malan Kruger.
Dit sal beide Kanada en Nederland se eerste ronde in 2025 van die ICC se CWCL2-kompetisie wees.
Kanada
Kanada het laas in September 2024 teen Nepal en Oman in King City, Kanada, hul laaste ronde van die CWCL2 vir 2024 gespeel. Kanada het toe al vier hul ODI’s teen Nepal en Oman gewen.
In 2024 het Kanada agt van hul twaalf ODI’s gewen om 16 punte vir die tweede posisie op die CWCL2-punteleer te verdien. Behalwe hul seges teen Nepal en Oman, het hulle in Maart 2024 vier ODI’s teen Skotland en die Verenigde Arabiese Emirate in Doebai ingepalm. In Augustus 2024 het die Verenigde State tuis in Rotterdam vir Kanada in vier ODI’s oordonder.
Kanada se topagt ODI-lopiemakers wie in die span kan wees is- Pargat Singh, Harsh Thaker, Nicholas Kirton, Aaron Johnson, Shreyas Movva, Navneet Dhaliwal, Saad Bin Zafar en Dilon Heyliger.
Hul topagt ODI-boulers wie tans die span kan haal is- Dilon Heyliger, Saad Bin Zafar, Kaleem Sana, Harsh Thaker, Pargat Singh, Nicholas Kirton, Ansh Patel en Akhil Kumar.
Kanada (onbevestig)
Hoofafrigter: Pubudu Dassanayake.
Pargat Singh, Harsh Thaker, Nicholas Kirton (kaptein), Aaron Johnson, Shreyas Movva, Navneet Dhaliwal, Saad Bin Zafar, Dilon Heyliger, Kaleem Sana, Ansh Patel, Akhil Kumar, Parveen Kumar, Dilpreet Singh Bajwa en Gurbaz Bajwa.
Nederland
In 2024 het Nederland sewe van hul twaalf CWCL2 ODI’s vir 14 punte en die vierde posisie op die punteleer gewen. Hulle het seges teen Namibië, Nepal, Kanada, die VSA en die Emirate behaal.
Hulle het in November 2024 hul laaste vier ODI’s teen Oman en die Verenigde Arabiese Emirate in Al Amerat gespeel waar hulle net een wedstryd teen die Emirate gewen het.
In Augustus 2024 het hulle vier ODI’s teen Kanada en die VSA in Rotterdam gewen. Met hul eerste ronde in Februarie 2024 in Windhoek het hulle een wedstryd elk teen Namibië en Nepal beklink.
Nederland se topagt ODI-kolwers is- Scott Edwards, Max O’Dowd, Vikramjit Singh, Bas de Leede, Anil Nidamanuru, Colin Ackermann, Noah Croes, Aryan Dutt, Teja Nidamanuru.
Hul topagt ODI-boulers is- Aryan Dutt, Bas de Leede, Paul van Meekeren, Roelof van der Merwe, Shariz Ahmad, Kyle Klein, Vikramjit Singh en Max O’Dowd.
Nederland (onbevestig)
Hoofafrigter: Ryan Cook.
Scott Edwards (kaptein), Max O’Dowd, Vikramjit Singh, Bas de Leede, Anil Nidamanuru, Colin Ackermann, Noah Croes, Aryan Dutt, Teja Nidamanuru, Paul van Meekeren, Roelof van der Merwe, Shariz Ahmad, Kyle Klein, Timm van der Gugten en Daniel Doram.
Die wedstrydprogram
5 Maart: Kanada teen Nederland.
7 Maart: Namibië teen Nederland.
9 Maart: Kanada teen Namibië.
11 Maart: Kanada teen Nederland.
13 Maart: Namibië teen Nederland.
15 Maart: Kanada teen Namibië.
Al die wedstryde is vir 09:30 geskeduleer.
– [email protected]
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article