Kanada en Nederland reg vir botsings teen Eagles
Krieket
Dié driehoekige mini-reeks sal vir die eerste keer sedert Oktober 2024 weer internasionale krieket vir plaaslike entoesiaste voorsit.
Die Richelieu Eagles se tweede ronde vir 2025 van die ICC se Krieketwêreldbeker Liga Twee-reeks (2024 tot 2027) sal van 5 tot 15 Maart in Windhoek beslis word. Namibië sal twee internasionale eendagwedstryde (ODI’s) elk teen Kanada en Nederland by die Unitedveld in die hoofstad speel.
Die Eagles het verlede jaar een ODI teen Nederland gewen, twee verloor en een was weens reën nie gespeel nie. Namibië het in April 2023 laas teen Kanda gespeel en die botsing met 111 lopies gewen.
‘n Namibiese oefengroep het in die afgelope paar dae vir vyf eendagwedstryde in Taranaka, Indië, vir hul botsings teen Kanada en Nederland gaan slyp.
Die Kanadese is tans in Zimbabwe waar hulle eendagwedstryde teen die gasheerspan speel. Dit is egter onbekend waar die Nederlanders hulle tans bevind.
Die Eagles sal graag hul mees onlangse toer na Oman wil begrawe, waar hulle slegs een ODI (uit twee) teen die gasheerspan kon wen en beide kragmetings teen die VSA verloor het. Veral die swak afsluiting van die toer was teleurstellend, toe die Namibiërs net 96 lopies teen Oman kon bymekaar skraap en met twee paaltjies verloor het.
NAMIBIË
Namibië se voorste ODI-kolwers: Gerhard Erasmus (55 kolfbeurte, 2 001 lopies, Nicol Loftie-Eaton (40, 1 003), JJ Smit (41, 985), Zane Green (38, 885), Jan Frylinck (38, 757), Lo-han Louwrens (25, 582), JP Kotzé (22, 491), Ruben Trumpelmann (34, 486), Bernard Scholtz (57, 287), Shaun Fouché (9, 249) Malan Kruger (11, 243) en JC Balt (2, 35).
Die verwagte Eagles-boulopsies (moontlik): Bernard Scholtz (57 ODI’s, 82 paaltjies vir 1 705 lopies), Ruben Trumpelmann (41, 66/1 635), JJ Smit (31, 46/973), Tangeni Lungameni (31, 46/1 109), Gerhard Erasmus (57, 45/ 1 134), Jan Frylinck (34, 37/1 034), Ben Shikongo (21, 25/824), Nicol Loftie-Eaton (26, 24/601), Shaun Fouché (8, 10/228), Jack Brassell (8, 8/294), Jan-Izak de Villiers (5, 2/154), PD Blignaut (1, 1/28) Junior Kariata (1, 1/31), Dylan Leicher (1, 1/55), JC Balt (2, 0/24).
Die Eagles-groep (onbevestig, in kolforde): Lo-han Louwrens, Zane Green, JP Kotzé, Gerhard Erasmus (kaptein), Nicol Loftie-Eaton, JJ Smit, Malan Kruger, Shaun Fouché, Ruben Trumpelmann, JC Balt, Bernard Scholtz, Dylan Leicher, Jack Brassell, Ben Shikongo en Junior Kariata. Hoofafrigter: Pierre de Bruyn.
KANADA
Kanada se topagt ODI-lopiemakers wat in die toerspan kan wees: Pargat Singh (18 ODI’s, 733 lopies), Harsh Thaker (20, 639), Nicholas Kirton (17, 496), Aaron Johnson (20, 442), Shreyas Movva (14, 324), Navneet Dhaliwal (11, 295), Saad Bin Zafar (17, 221) en Dilon Heyliger (11, 174).
Hul topagt ODI-boulers wat die span kan haal: Dilon Heyliger (16, 27/623), Saad Bin Zafar (20, 27/799), Kaleem Sana (16, 26/574), Harsh Thaker (19, 21/640), Pargat Singh (5, 5/104), Nicholas Kirton (5, 4/75), Ansh Patel (2, 3/81) en Akhil Kumar (3, 3/84).
Die Kanada-span (onbevestig): Pargat Singh, Harsh Thaker, Nicholas Kirton (kaptein), Aaron Johnson, Shreyas Movva, Navneet Dhaliwal, Saad Bin Zafar, Dilon Heyliger, Kaleem Sana, Ansh Patel, Akhil Kumar, Parveen Kumar, Dilpreet Singh Bajwa en Gurbaz Bajwa.
Hoofafrigter: Pubudu Dassanayake.
NEDERLAND
Nederland se topagt ODI-kolwers is: Scott Edwards (59 ODI’s, 1 739 lopies), Max O’Dowd (54, 1 724), Vikramjit Singh (40, 1 190), Bas de Leede (47, 1 111), Anil Nidamanuru (31, 713), Colin Ackermann (18/451), Sybrand Engelbrecht (12, 385) en Noah Croes (13, 207).
Hul topagt ODI-boulers: Aryan Dutt (46, 51/1 784), Bas de Leede (39, 44/1 412), Paul van Meekeren (28, 42/1189), Roelof van der Merwe (18, 21/643), Shariz Ahmad (18, 18/593), Kyle Klein (8, 16/265), Colin Ackermann (18, 14/514), Tim van der Gugten (12, 13/273).
Nederland (onbevestig): Scott Edwards (kaptein), Max O’Dowd, Vikramjit Singh, Bas de Leede, Anil Nidamanuru, Colin Ackermann, Sybrand Engelbrecht, Noah Croes, Aryan Dutt, Bas de Leede, Paul van Meekeren, Roelof van der Merwe, Shariz Ahmad, Kyle Klein en Timm van der Gugten.
Hoofafrigter: Ryan Cook.
WEDSTRYDPROGRAM IN WINDHOEK
5 Maart: Kanada teen Nederland.
7 Maart: Namibië tn Nederland.
9 Maart: Kanada tn Namibië.
11 Maart: Kanada tn Nederland.
13 Maart: Namibië tn Nederland.
15 Maart: Kanada tn Namibië.
Al die wedstryde is vir 09:30 by Unitedveld geskeduleer.
– [email protected]
Comments
Sportwrap
No comments have been left on this article