Individuele Eagles pronk op ranglyste

Krieket
Tielman Van Lill
Die Krieketwêreldbeker Liga Twee-reeks (2024-2027) tussen Kanada, Namibië, Nederland, Nepal, Oman, Skotland, die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) en die Verenigde State (VSA) lewer reeds interessante statistiek wat die moeite werd is om onder oë te neem.

Dié agt assosiaatlande van die Internasionale Krieketraad (ICC) spog met altesaam 87 spelers wat op die ranglyste vir internasionale eendagkrieket verskyn.

Gesamentlik het dié lande 28 kolwers, 32 boulers en 27 veelsydige spelers wat onder die ICC se top-100 op die onderskeie ranglyste gereken word.

Namibië se draaibalbouler, Bernard Scholtz, is die voorste bouler van enige assosiaatland, terwyl Gerhard Erasmus die topkolwer is. Nepal se Dipendra Singh Airee is die voorste veelsydige speler.

Indien die spanne se boul- en kolfpunte saam met dié van die veelsydige spelers getel word, eindig die Eagles algeheel derde ná Nepal en Skotland. Ongelukkig is die individuele vertonings nie ‘n maatstaf vir van die spanne se sukseskoers nie.

Spelers van Kanada en die VSA se posisies op die onderskeie ICC-ranglyste kan dramaties met die tyd dramaties verander.



KOLWERS (28)



Oman (6 kolwers) – Aqib Ilyas (51ste), Zeeshan Maqsood (69ste), Ayaan Khan (78ste), Kashyap Prajapati (79ste), Shoaib Khan (85ste), Jatinder Singh (99ste).

Namibië (4 kolwer) – Gerhard Erasmus (29ste), Michael van Lingen (47ste), JJ Smit (75ste), Nicol Loftie-Eaton (81ste).

Skotland (4 kolwers) – George Munsey (40ste), Richie Berrington (57ste), Michael Leask (73ste), Brandon McMullen (74ste).

VAE (4 kolwers) – Vriitya Aravind (61ste), Muhammad Waseem (69, 6 af), Asif Khan (72, 1 af), Basil Hameed (90ste).

Nederland (3 kolwers) – Scott Edwards (26ste), Max O'Dowd (44ste), Vikramjit Singh (67ste).

VSA (3 kolwers) – Monank Patel (48ste), Aaron Jones (63ste), Steven Taylor (94ste).

Nepal (3 kolwers) – Aasif Sheikh (82ste), Kushal Bhurtel (83ste), Rohit Paudel (87ste).

Kanada (1 kolwer) – Pargat Singh (75ste).



BOULERS (32)



Nederland (5 boulers) – Aryan Dutt (33ste), Paul van Meekeren (60ste), Logan van Beek (61ste), Vivian Kingma (80ste), Bas de Leede (91ste).

Nepal (5 boulers) – Sandeep Lamichhane (46ste), Lalit Rajbanshi (51ste), Dipendra Singh Airee (63ste), Karan KC (87ste), Sompal Kami (89ste).

Namibië (4 boulers) – Bernard Scholtz (6de), Ruben Trumpelmann (61ste), Tangeni Lungameni (71ste), Gerhard Erasmus (76ste).

Skotland (4 boulers) – Mark Watt (16, 1 op), Safyaan Sharif (64), Michael Leask (66), Brandon McMullen (66).

VSA (4 boulers) – Saurabh Netravalkar (15de), Nosthush Kenjige (32ste), Steven Taylor (95ste), Jasdeep Singh (96ste).

Kanada (4 boulers) – Saad Bin Zafar (72ste), Kaleem Sana (75ste), Harsh Thaker (80ste), Dilon Heyliger (97ste).

Oman (3 boulers) – Kaleemullah (36ste), Bilal Khan (57ste), Zeeshan Maqsood (59ste).

VAE (3 boulers) – Aayan Khan (42ste), Zahoor Khan (68ste), Zunaed Siddique (86ste).



VEELSYDIGE SPELERS (27)



Nepal (6 spelers) – Dipendra Singh Airee (2de), Kushal Malla (40ste), Rohit Paudel (53ste), Gulshan Jha (53ste), Kushal Bhurtel (60ste), Karan KC (71ste).

Skotland (5 spelers, 520) – Michael Leask (42ste), Richie Berrington (53ste), Chris Greaves (61ste), Brandon McMullen (67ste), Mark Watt (69ste).

Namibië (3 spelers) – Gerhard Erasmus (10de), JJ Smit (24ste), Jan Frylinck (57ste).

Oman (2 spelers) – Aqib Ilyas (16de), Zeeshan Maqsood (35ste).

Nederland (3 spelers) – Bas de Leede (25), Roelof van der Merwe (72ste), Max O'Dowd (74ste).

VAE (3 spelers) – Basil Hameed (30ste), Ali Naseer (69ste), Aayan Khan (85ste).

VSA (2 spelers) – Harmeet Singh (38ste), Steven Taylor (74ste).

Kanada (3 spelers) – Dilon Heyliger (85ste), Saad Bin Zafar (85ste), Harsh Thaker (94ste).

[email protected]