Heita, Nakathila gee treë in die regte rigting

Boks
Tielman Van Lill
Die MTC Nestor “Sunshine” Tobias-bokspromosies se Together As One Part 13-boksbonanza het Saterdagaand sy gebruiklike opwinding by die Windhoek Buiteklub gelewer.

Mateus “The Beast” Heita het die Pan Afrika-veergewigtitel van die Wêreldboksvereniging (WBA) bekom toe hy Thato Bonakoane van Suid-Afrika in die derde van twaalf rondes met ‘n tegniese uitklophou verslaan het.

Heita het ‘n skoon beroepsrekord van twaalf onoorwonne gevegte op sy getuigskrif.

In die internasionale liggewiggeveg (bestem vir 10 rondes) slaan Jeremia “Low Key” Nakathila vir Jeremiah Mhere van Zimbabwe binne 20 sekondes van die sesde ronde uit. Nakathila spog na dese met 25 gevegte en 20 uitklophoue.

In die junior liggewigklas het Martin "Alegator" Mukungu vir David Shinuna met ‘n uitklophou in die vyfde van ses rondes gestuit.

Veergewig (6 rondes): John Shitilitha word in die eerste ronde deur Sam Mathews uitgeslaan.

Kapokgewig (6 rondes): Jonathan Kasheta slaan Nestor Thomas in die eerste ronde uit.

Weltergewig (4 rondes): Jonas Jonas klop Nestor Amukoto met punte.

Liggewig (4 rondes): Tangeni Salomon klop Paulus Ipinge met punte.

Liggewig (4 rondes): Jonas Lukas oorskadu Martin Kampuru met punte.

Die amateurvertoongeveg in die ligswaargewigklas tussen Pieter Kotze en Philipus Shikongo het gelykop met punte geëindig.

Agnes Tjongarero, die minister van sport, jeug en nasionale diens, het ook die geleentheid bygewoon.

[email protected]