Titels open deur vir Damster en Steenkamp

Rolbal
Tielman Van Lill
Die Namibiese Rolbalvereniging (NBA) se Kampioen van Kampioene-toernooi vir mans- en vrouespelers was die afgelope naweek by die Swakopmund-rolbalklub aangebied.

Die mans- en vrouewenners verwerf die reg om Namibië by die Kampioen van Kampioene wêreldtoernooi in enkelspel te verteenwoordig.

Amanda Steenkamp van die Eros-rolbalklub het as die vrouekampioen na vore getree, terwyl Elzane de Vries van Namibpark die naaswenner ná Steenkamp was.

Steenkamp, Diana Viljoen, Carin Weinrebe, Truda Meaden, Anjuleen Viljoen en De Vries het om die gesogte titel meeggeding.

By die mans het Gordon Damster van Namibpark sy pad tot die topposisie teen AJ Visser, Christo de Beer, Karl Hartmann, Waylon Wentzel en Kat Steenkamp oopgeveg. AJ Visser van die Swakopmund-rolbalklub was die naaswenner.

[email protected]