Napso lewer skouspel van talent

Atletiek
Altlete van oraloor die land is in afwagting op die aankondiging van die Napso-toerspan na RSA.
Annemarie du Toit
Die Namibiese Privaatskole-organisasie (Napso) se jaarlikse nasionale atletiekbyeenkoms is Vrydag en Saterdag met groot sukses by Privaatskool Elnatan in Stampriet aangebied.

Dit was 'n geleentheid vir jong atlete van oraloor die land om hul atletiektalent ten toon te stel en mee te ding vir 'n plek in die Napso-span wat jaarliks in Suid-Afrika gaan deelneem.

Om die talent, toewyding en sportmanskap van hierdie jong atlete eerstehands te aanskou, was ‘n besonderse ervaring. Van die eerste wegspring tot die laaste tree oor die wenstreep was die gees en energie tasbaar.

Elke wedloop en velditem het die vrugte van maande se harde werk en oefening vorendag gebring. Daar was oomblikke van triomf, kop-aan-kop kompetisie en selfs die teleurstelling van atlete wat net-net te laat oor die eindstreep getree het. Sulke emosionele oomblikke het alles deel van 'n onvergeetlike naweek gevorm.

Toeskouers verwant aan privaatskole oraloor die land het in groot getalle opgedaag om hierdie aanskoulike atletiekbyeenkoms te beleef. Van ouers en afrigters tot sportliefhebbers van die omgewing het byeen gekom om te aanskou hoe die talentvolle jong atlete se talente en passies gevier word.

Die opgewondenheid rondom die byeenkoms is nog lank nie verby nie, want die amptelike uitslae en die aankondiging van die Napso-span sal binnekort in MyZone gepubliseer word. Lesers kan uitsien na ’n volledige uiteensetting van die wenners, rekordprestasies en uitblinkers, asook insigte oor watter atlete gekies is om Namibië verder te verteenwoordig. Onderhoude met die uitblinker-atlete en ontledings van die naweek se grootste oomblikke.

Napso se nasionale atletiekkampioenskap het weereens bewys dat sport in Namibië meer is as bloot mededinging. Die geleentheid is inderdaad ’n viering van talent, deursettingsvermoë en gemeenskap.

Die naweek het atlete nie net persoonlike grense oorgesteek nie, maar hulle het ook die gees van sport en samehorigheid ordentlik ten toon gestel. Die pad vorentoe is vol belofte vir jong Namibiese atlete om al hul drome waar te maak en puik prestasies te behaal.